Ikoniese handsakke
Hierdie handsakke is bekender as sommige Hollywood-sterre. Gesog, begeerlik, gesofistikeerd. Een van hulle is selfs die hoofkarakter in 'n eie kortfliek!
In 'n reeks van 4 kortflieks met die silwerdoekster Marion Cotillard speel dié Lady Dior-handsak die hoofrol. Die eerste fliek is reeds te sien terwyl die storielyn van die tweede fliek in die reeks stuk-stuk op die Lady Dior-blad op die sosiale netwerk Twitter ontvou. As jy op die webtuiste registreer, kan jy 'n eksklusiewe voorsmakie kry.
In 1935 het die Franse leerware-huis Hermès 'n leerhandsak bekend gestel. Dit het later bekend geword as die legendariese Kelly-handsak, genoem na Grace Kelly, oftewel Prinses Grace, omdat sy gedurig met een gesien is. Dis hoeka sy wat 'n Hermès-syserp – nog 'n legendariese Hermès-produk – as hangverband vir haar gebreekte arm gebruik het.
Nog 'n Hermès-handsak, die Birkin, is "gebore" omdat die aktrise Jane Birkin die Kelly-handsak as onprakties beskou het en 'n nuwe handsak ontwerp het saam met Hermès-grootbaas Jean-Louis Dumas. Dié handsak is vandag steeds 'n topverkoper en het die langste waglys van alle Hermès weeldeprodukte. 'n Kliënt kan tot 6 jaar wag vir haar Birkin!
![]() |
Nog 'n ikon is die Louis Vuitton Speedy met die klassieke lyne |
En dan is daar die Chanel 2.55 – só genoem omdat dit in die tweede maand van 1955 bekend gestel is.


Coco Chanel het self hierdie gesofistikeerde handsak met kwilt-afwerking en ketting-skouerband ontwerp. Sy was moeg daarvoor om haar handsak altyd in haar hande rond te dra en skep toe die eerste skouerbande vir vroue. Die dun skouerbande van soldate se sakke was haar inspirasie. Sy het 'n wynrooi voering gekies omdat dit herinner aan die uniform wat sy as kind in die weeshuis gedra het.
Chanel het ook so 'n week gelede hul nuwe Chanel Coco Cocoon-handsakreeks, met Britse sangeres Lily Allen as die gesig, bekend gestel – dié keer met 'n rooi voering. (Blykbaar het Coco Chanel geglo dat dié kleur dit maklik maak om enigiets in jou handsak te vind.) Die sakke is omkeerbaar en het 'n pofferige leer-afwerking. Mode-ontwerper en fotograaf Karl Lagerfeld – self 'n ikon – was agter die lens vir dié advertensieveldtog.

Nog 'n agter-die-skerms-kykie
Verwante artikels
-
Die Chanel-kortfliek met Carole Bouquet
SARIE - November 2009
Carole Bouquet is in 1996 gekies as een van die 5 Chanel-muses vóór Audrey Tautou.
-
Die Chanel-kortfliek met Catherine Deneuve
SARIE - November 2009
Catherine Deneuve is in 1972 gekies as een van die 5 Chanel-muses vóór Audrey Tautou.
-
Die Chanel-kortfliek met Estella Warren
SARIE - November 2009
Estella Warren is in 1999 gekies as een van die 5 Chanel-muses vóór Audrey Tautou.
-
Die Chanel-kortfliek met Nicole Kidman
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
Nicole Kidman is in 2004 gekies as een van die 5 Chanel-muses vóór Audrey Tautou.
-
Marion Cotillard is die gesig van die Lady Dior-handsak
Dié Oscar-wenner, bekend vir haar rol as Edith Piaf in La Vie en Rose, gaan oor die volgende 2 jaar in 4 Dior-kortflieks speel
-
Totale inspirasie! Die nuwe Chanel No.5-fliek
SARIE - Augustus 2009
Die grootste parfuum-ikoon van alle tye - Chanel No.5 - inspireer weer met 'n asemrowende kortfliek. Kyk bietjie hier
-
Wit naels
SARIE - Oktober 2009
Chanel se wêreldwye kreatiewe direkteur, Peter Philips, boots die kleure van Venesië na in sy jongste grimeerreeks.
























Kommentaar