Verloor jou hart op 'n handsak

Deur Mareth van der Walt

Niks gee 'n uitrusting lewe soos 'n nuwe handsak nie. En Jo Borkett se nuwe reeks is besonders!

Daar's 'n handsak vir elke vrou en elke okkasie by Jo Borkett: Van die helderkleurige, praktiese "Kelly"-handsak vir uitstappies dorp toe, tot elegante, juweel-kleurige palmhandsakke vir die aand.

Pryse vanaf R690. Besoek www.joborkett.co.za vir meer inligting, of loer in by een van die winkels in Sandton City, Rosenbank Mall of Eastgate in Gauteng, of Cavendish in Kaapstad.

Galery

  • Dié handsak van kuns-slangvel het oulike ring-detail
  • Kuns-slangvel met 'n pers ondertoon
  • Silver glans
  • Kuns-slangvel met pers glans
  • Die klassieke slangvel-kleur
  • "Kelly"-handsak van swart leer
  • "Kelly"-handsak van geel leer
  • Rooi blinkleer
  • Suede en nagemaakte slangvel motief palmhandsak
  • Palmhandsak van suède en kuns-slangvel

Kommentaar