Kate se styl in Suidoos-Asië: Hier's ons top-3 uitrustings!

Deur Amaria Carstens, SARIE September 2012

Kate se styl in Suidoos-Asië: Hier's ons top-3 uitrustings! Foto’s: Gallo Images/Getty Images Galery

Te midde van die herrie oor die Hertogin van Cambridge se kaalbors-steelfoto's, het sy soos altyd stylvol gelyk tydens die verlenging van Koningin Elizabeth II se diamant-jubileum in Suidoos-Asië.

Weereens sit Kate nie 'n modevoet verkeerd nie! Op toer het sy in 'n verskeidenheid uitrustings verskyn, maar dis duidelik om te sien dat rokke haar gunsteling bly. Dié uitrustings is meestal die werk van Londense ontwerpers soos Alexander McQueen, Jenny Packham, Jonathan Saunders en Alice Temperley.

Hierdie is ons gunstelinge:

 Kate dra hier 'n blompatroon rok deur Erdem Kate se toer-uitrustings is baie vroulik, met moderne patrone of kleure. Hierdie rok van Erdem is 'n wenner. Die blompatroon is kenmerkend van Erdem se Somer-2012-reeks. Dié rok was op die loopplank te sien tydens Erdem se Somer 2012-vertoning. Slegs die moue is vir Kate aangepas.

 

 

Kate ondersteun nog 'n Londense mode-ontwerper, Jonathan Saunders. Die helder patrone maak dié klassieke snit opwindend. Hierdie rok kan aanlyn gekoop word by net-a-porter teen sowat R16 351 (£1 219).

 Kate lyk ongelooflike in nog 'n Londense mode ontwerper se rok
 Kate in 'n rok deur Alice Temperley

Kate dra hier een van die groot mode-trends: pastel en kant. Sy lyk ongelooflik in hierdie rok van Alice Temperley. Sy bewys ook dat al is jou styl klassiek, kan jy eksperimenteer met hoogmode.

Die rok se kleur en ontwerp is 'n verlenging van Temperley se Somer-2013-reeks wat op 16 September by die Londense Modeweek vertoon is.

En wat was haar staatmaker-bykomstigheid by al drie hierdie uitrustings? Haar neutrale LK Bennett-hofkskoene. Duidelik 'n item wat elkeen van ons in ons kas moet hê. 
  • Assistent Marike Badenhorst
  • Foto van Gallo Images/Getty Images

Verwante artikels

  • Kate Middleton vang die oog

    Kate Middleton vang die oog

    Met alle oë op Londen vir die Olimpiese Spele kan die paparazzi nie anders as om hul lense op Kate Middelton te hou nie.Haar gemaklike, stylvolle klerekas is gelukkig perfek vir 'n toekomstige koningin. Die serp wat sy hier dra is pragtig en veelsydig, en ook perfek vir die tussen-in weer.

  • Kate se eenvoudige grimering

    Kate se eenvoudige grimering

    SARIE Augustus 2012 | Kommentaar: 3

    Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, het onlangs ’n klomp Hollywood-sterre en modelle uitgestof op die Amerikaanse tydskrif Vanity Fair se lys van stylvolste bekendes.

  • Waar was die koningin en prins William met die Olimpiese afsluiting?

    Waar was die koningin en prins William met die Olimpiese afsluiting?

    SARIE Augustus 2012 | Kommentaar: 6

    Prins Harry het in sy belangrikste rol tot dusver sy ouma Sondag by die flambojante afsluitingsgeleentheid van die Olimpiese Spele in Londen verteenwoordig. Kate Middleton was ook op haar eie daar, sonder manlief. Waar was die koningin en prins William dan?

Galery

  • Kate in 'n rok deur Alice Temperley
  • Kate lyk ongelooflike in nog 'n Londense mode ontwerper se rok
  • Kate dra hier 'n blompatroon-rok deur Erdem

Kommentaar

  • Ek dink Kate lyk die beste in die Pastel / Kant rokkie. Wil ook net by sê dat sy pragtige bene het.

    21ste Sep. 2012, 10:32
  • Sy verbaas my net elke keer.....sy is altyd stylvol...saamgevat GOEIE UITVOERPRODUK VIR DIE BRITTE

    21ste Sep. 2012, 10:28
  • Die van julle wat haar so lekker kritiseer is net jaloers omdat julle waarskynlik nie so mooi, ellegant en vriendelik soos sy is nie en nie die lyfie het om so mooi aan te trek nie. Sy lyk pragtig elke keer as sy iewers heen gaan en is 'n ware ambassadeur vir die koningshuis

    20ste Sep. 2012, 21:28
  • Kate se klere raak nou voorspelbaar. Hoewel mooi en stylvol trek sy hopeloos te oud aan vir haar ouderdom. Ek dink sy moet beslis 'n nuwe ontwerper besoek want al haar mou'tjies en hoe lyf rokkies is in dieselfde styl, net verskillende materiaal. Sy is immers 'n koninklike, sy kan kies en keur uit die beste ontwerpers. Waag 'n bietjie, DIT kan sy immers doen.

    20ste Sep. 2012, 16:33
  • Sys baie lief vir haar nude pumps. maar sy lyk plat op die aarde en oorspronklik!

    20ste Sep. 2012, 16:13
  • Ek dink Cathrene doen dit baie goed en wat die kaalbors foto's betref - hulle was op 'n PRIVATE vakansie. Dit het niks met iemand te doen nie. Sy is jonk, pragtig en sexy!!!!! Ek haar man is lief vir haar

    20ste Sep. 2012, 14:18
  • Pragtig mooi sy verdien elke oomblik sy wys ons hoe n vrou moet lyk" vroulik en ellegant hou so aan Kate jy kan.Mark Middel

    20ste Sep. 2012, 13:55
  • Die wit kant ene is pragtig, die ander 2? Ag nee wat, ek sou nie geld daarop spandeer nie. Tog jammer sy probeer aan die een kant so inpas by die koninklikes (wat sy regkry) maar dan wys sy so blatant die verskil deur iets so onverskillig soos 'n kaalbors sonbad. Wat het sy gedink? Ek is sommer vies vir haar, sy het mos deur die jare gesien wat die pers met Fergie en Diana gedoen het, sy is mos nie "clueless" nie. As sy regtig koninklik wil wees, en glo my, eks mal oor haar en sy is pragtig, maar sy kan net kyk na die dinge wat die regte, egte koninklikes soos die koningin en prinses Anne, doen. Het ons hulle al ooit so gesien?

    20ste Sep. 2012, 10:31
  • Die Erdem rokkie lyk asof dit by 'n ouer dame hoort...en as ek R16 000 gehad het, het ek dit beslis nie op 'n dag-rokkie bestee nie. Belaglike pryse.

    20ste Sep. 2012, 09:03
  • Ek dink sy is die mooiste, stylvolste vrou. Sy volg baie na aan Diana se voetspore. Sy lyk altyd mooi!

    20ste Sep. 2012, 06:54
  • Lieflik, byderwets en vrolik. Nes 'n regte prinses!! Met so'n lyfie en pragtige gesig steel sy definitief die kollig!

    19de Sep. 2012, 20:21
  • die uitrusting met die pastel en kant met skoene is n wenner! regte lengte! kan vir enige een mooi lyk. bo arms word mooi met kant! die blokke een is waarlik modern. ander 1 is outyds nie so mooi vleiend nie.

    19de Sep. 2012, 16:50
  • Byderwets, vroulik en tog klassiek. Gelukkig pas die beursie by die ontwerpers...

    19de Sep. 2012, 15:23
  • Definitief die wit kant ene. Die turkois met blokke laat my aan 'n skoolrok dink en die ander een met sy plooitjies laat my aan die rompe dink wat my ma altyd kerk toe gedra het. Definitief laat dit haar ouer lyk.

    19de Sep. 2012, 15:10
  • Sy lyk ongelooflik mooi in al 3 die uitrustings!

    19de Sep. 2012, 15:00
  • sy is so pragtig ek hou van al drie die uitrustings

    19de Sep. 2012, 14:35
  • Die vroumens (jammer, dame!) weet darem regtig hoe om aan te trek. Ek geniet dit telke male om na haar te kyk..

    19de Sep. 2012, 14:01