Kleur regeer by vanjaar se Met

SARIE Mei 2012

"Die Oscars van New York" – só noem hulle die Met-bal wat elke jaar by die Metropolitan Museum of Art ("die Met") plaasvind. Dié glansgeleentheid vier die opening van die Met se modevertoning. G’n wonder die sterre haal uit en wys nie!

En vanjaar se uitrustings het geensins teleurgestel nie. Maar die één wat ons na ons asem laat snak het is hierdie pragnommer van die Filipyns-gebore Monique Lhuillier, soos gedra deur Ginnifer Goodwin van He's Just Not That Into You-faam.

Die ryk sitrus-oranje en sjiek detail om die halslyn kry volpunte, en die slim middelinsetsel en vloeiende chiffon het ons ook beïndruk. Bygesê, Lhuillier weet wat sy doen. Dié Los Angeles-gebaseerde ontwerper het al  almal van Gwyneth Paltrow en Drew Barrymore tot Taylor Swift en Jennifer Lopez help aantrek.

Ons eie Candice Swanepoel was asemrowend in haar koningsblou crêpe-sy-aandrok van Rag and Bone. Dié rok is geïnspireer deur Elsa Schiaparelli se sogenaamde "skeleton dress", waarin die aandag op die rugkant gevestig word, met kantpanele en vlootblou chiffon-insetsels ter afronding.

Candice Swanepoel

 

Verwante artikels

  • Jessica se los (rooi) krulle

    Jessica se los (rooi) krulle

    SARIE Mei 2012

    Die jaarlikse Met Gala is ’n glansgeleentheid waarvoor die wie’s-wie van Hollywood behoorlik optooi. Dié jaar was ons mal oor Jessica Chastain se pragtige hare!

Galery

  • Ginnifer Goodwin
  • Candice Swanepoel

Kommentaar

  • Absoluut elegant !Ek dink die een wat Ginnifer dra,kan vleiend wees vir enige figuur.

    10de Mei. 2012, 17:35