Ons hou van

  • Clive Rundle by SA Modeweek: 'n Mengsel van kulture en patrone

    Clive Rundle by SA Modeweek: 'n Mengsel van kulture en patrone

    SARIE Maart 2012

    Clive Rundle was die enigste ontwerper wat tydens die SA Modeweek 'n staande ovasie gekry het! Die Somer 2012/2013-reeks met Oosterse inspirasie was 'n vol patrone en materiale wat self deur Clive ontwerp is. Hiermee bewys hy weereens waarom hy 'n legende in die Suid-Afrikaanse modebedryf is. Hy is ook die enigste ontwerper wat vanaf 1997 élke jaar by die SA Modeweek te sien is.

  • Belowende jong talent by die SA Modeweek

    Belowende jong talent by die SA Modeweek

    SARIE April 2012

    Joel Janse van Vuuren se inkpatrone het weereens vir ieder en elk by SA Modeweek laat smag na een van sy uitrustings. Sy ontwerpe vier vroulikheid, terwyl die inkpatrone dit 'n moderne aanslag gegee het.

  • Colleen Eitzen tref met sitrustone by SA Modeweek

    Colleen Eitzen tref met sitrustone by SA Modeweek

    SARIE April 2012

    Colleen se Somer 2012/2013-reeks het die gehoor bekoor met 'n heerlike vars palet van neutrale kleure gemeng met sitrusgroen en-geel. Haar kenmerkende strelizia-patroon wass ook in hierdie kleurpalet en het opwinding geblaas in dié reeks gekenmerk deur eenvoudige lyne.

  • Beton-oerwoud by SA Modeweek

    Beton-oerwoud by SA Modeweek

    SARIE Maart 2012

    Toe dit uitkom dat PPC-sement Suzaan Heyns se borg vir SA Modeweek is, was almal baie nuuskierig oor wat die reeks gaan oplewer. Suzaan het aangenaam verras met 'n kleurpalet in skakerings van beton met tikkies wit hier en daar. Die konstruksie en detail van elke uitrusting is geïnspireer deur die vervormlikheid en argitektoniese gevoel van sement. Dié reeks bewys weereens Suzaan se briljante talent, oog vir detail, konstruksie en konseptualisasie.

  • Rihanna se haarstilis skitter by Modeweek

    Rihanna se haarstilis skitter by Modeweek

    Die wêreldbekende haarstilis Ursula Stephen, wat al jare lank die sangeres Rihanna se modieuse kapsels skep, het gisteraand gesorg vir groot opwinding by die opening van SA Modeweek in Johannesburg.

    Die modeweek word vanjaar deur Motions en TREsemmé geborg, en dis dié dat die week afgeskop met die Sheer Glamour Collections wat sterk op haar-trends gefokus het. Die glansgeleentheid het in Johannesburg se Crowne Plaza plaasgevind.

    Die mode-vertoning was 'n kombinasie van mode en hare, en Stephen is bygestaan deur Matthew Mansoor, TRESemmé se top-plaaslike stilis. Plaaslike mode-ontwerpers soos Black Coffee, Tiaan Nagel en Gavin Rajah het gesorg vir die klere.

     

  • Jo Borkett se winter 2012-reeks

    Jo Borkett se winter 2012-reeks

    Dié winter wys Jo Borkett dat die klasieke tandruitpatroon die moderne manier is om swart en wit te kombineer.

  • Pamperlang

    Pamperlang

    Goeie onderklere pas mooi, sit gemaklik en gee jou selfvertroue 'n hupstoot. Probeer dié seisoen gerus die nuwe reeks van Women's Secret.

  • Koel, koeler, koelte

    Koel, koeler, koelte

    Craig Cameron-Mackintosh en Christopher Elliot het Hout Couture begin as 'n universiteitstaak. Nou maak hulle hul plaaslik-gemaakte houtraam-sonbrille voltyds.

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 35