Veelsydige juweliersware

SARIE - Februarie 2009

Speel-speel verander 'n armband in 'n halssnoer en weer terug. Geniet die luuksheid van varswaterpêrels en ander halfedelstene.

Dié blink gedagte was Karin Delport van Jade s'n. Sy het tydens haar verblyf van 9 jaar in China 'n passie vir pêrels en halfedelstene ontdek deur al die pêrelmarkte en -plase te besoek.

En drie jaar gelede het hierdie skooljuffrou haar passie verder gevoer en haar eie juwelierswinkel in Stellenbosch geopen. Vandag word haar juweliersware na 7 lande uitgevoer.

*Vir meer inligting, 021 883 8974 of jade_stellenbosch@telkomsa.net

Galery

  • Twee armbande in een
  • Varswaterpêrel-armband (R504)
  • rooskwarts-armband (R397)

Kommentaar

  • baie oulik sal graag meer wil sien, is mal oor perels was in die Fillipyne en het die mooiste perels daar gesien en gekoop

    15de Jul. 2011, 15:30