Kry só 'n volmaakte gelaat

Deur Mariska van Rooyen, SARIE - Junie 2010

Terry Barber, die skoonheidshuis M.A.C se internasionale grimeerdirekteur, sê vir hom is die perfekte gelaat die belangrikste stap in jou skoonheidsroetine.

“My gunsteling-produk is M.A.C Studio Sculpt Foundation (R260). Dit skep ’n foutlose vel wat steeds eg lyk – net baie gesond.

My raad vir moderne onderlaag is om dit met ’n borsel aan te wend (soos M.A.C Brush 188, R320). Hierdie borsel gee ’n airbrush-effek wat jy nie met tradisionele aanwendingsmetodes kry nie,” verduidelik hy. (Lug word vasgevang tussen die kort sintetiese borselhare en die langer suiwer bokhare om hierdie afwerking te kry.)

“Onderlaag moet die vel lig en volume gee en nooit soos ’n masker lyk nie,” sê hy.

  • Foto van Gallo Images/Getty Images

Verwante artikels

  • Clinique se veeldoelige onderlaag

    Clinique se veeldoelige onderlaag

    Een uit elke vier vroue bekommer hulle oor pigmentasie - naas lyntjies is dit ons grootste velkwelling. Nou het die skoonheidshuis Clinique 'n unieke antwoord - 'n liggewig, olievrye onderlaag wat ook pigmentasie beveg. Hoe meer jy dit gebruik, hoe...

  • Skoonheidskenner sê: Kleur jou winter

    Skoonheidskenner sê: Kleur jou winter

    SARIE - Junie 2009

    Aaron de Mey, Lancôme se grimeerdirekteur, se nuwe grimeerreeks, Declaring Indigo, is geïnspireer deur passievolle Franse vroue soos Simone de Beauvoir en Brigitte Bardot.

  • Vir sexy lippe

    Vir sexy lippe

    SARIE - Junie 2010

    Gucci Westman help nie net Hollywood se bekendste vroue om op hul beste te lyk nie – sedert April 2008 is sy ook Revlon se wêreldwye kunsdirekteur.

Kommentaar