Wow (of liewer miaau) Madonna!
Foto’s: Gallo images/Getty images Galery
Die web gons behoorlik ná Madonna behoorlik 'kat' geskop het tydens haar Super Bowl-vertoning gisteraand (Sondag 5 Februarie).

Hulle noem dit die Super Bowl Spectacular! Die 53-jarige koningin van pop het self erken dat sy "die grootste show tydens die grootste show op aarde" moes gee – dis nou die halftydvertoning by die Amerikaanse voetbalwedstryd tussen die New York Giants en die New England Patriots. En sy't die skare oorrompel – in ware Gladiatorstyl!
Die visuele effekte en danspassies was asemrowend en die vertoning, saam met LMFAO, Nicki Minaj, MIA en Cee Lo Green pret, lig en energiek.
En die kostuums was 'n absolute fees vir die oog met katspoegies luiperdvel wat hier en daar vir 'n bietjie kattekwaad gesorg het. Haar kopstuk is die handewerk van Philip Treacy – die skepper van die meeste hoede wat by Will en Kate se troue gedra is (ja, ook daardie vreemde hooftooisel van Prinses Beatrice!). Haar swart rokkie is 'n Givenchy-skepping.
Speel ook met 'n bietjie luiperdvel. Hier's 'n paar van ons gunstelinge uit ons winkel:
KOOP DIE KATJIE-VAN-DIE-BAAN-SERP
Verwante artikels
-
Madonna en dogter sing saam – luister bietjie
SARIE Maart 2012 | Kommentaar: 1
Die 15-jarige Lourdes is reeds die mede-ontwerper van hul klerereeks, en nou sing sy ook saam met haar bekende ma op haar nuutste album.
























Kommentaar
Jutta Hanneman het gesê:
Het gewonder waarmee is sy besig, sjoe die dametjie word nie oud nie hoor!!!!!!!!!
6de Feb. 2012, 20:23