Model Jessica Hart. Foto: @gracemelbourne_instagram

Model Jessica Hart. Foto: @gracemelbourne_instagram

SAARTJIE-modeblog

Die mooiste rokke by vanjaar se Met Gala

Saartjie is gaande oor mode, en sy is veral mal daaroor wanneer die room van die modewêreld bymekaar kom om mode te vier, soos met die jaarlikse Met Gala in New York.
SAARTJIE loveHierdie is dié mode-partytjie van die jaar, so natuurlik verwag ek ongelooflike uitrustings (daar was wel dié wat baie teleurgestel het). Dié partytjie word jaarliks deur Vogue aangebied en vanjaar was die tema China: Through The Looking Glass. Dit word elke jaar by die Metropolitan Museum van Kuns gehou.

Só, waarna het ek gekyk toe ek die bes gekledes gekies het? Natuurlik wie die tema gevolg het op ’n stylvolle manier.

Hier is my top-5:

Die model Jessica Hart het ongelooflike gelyk in ’n Valentino-rok wat geïnspireer is deur Chinese stempels. Haar juwele is ontwerp deur Carrera y Carrera.

FOTO: Image.net/Jamie McCarthy/FilmMagic

FOTO: Image.net/Jamie McCarthy/FilmMagic

Sienna Miller se rooi tweestuk van Thakoon met ’n Obi-belt is ook een van my gunstelinge.

Met Gala 2015 #metgala @voguemagazine #siennamiller A photo posted by THAKOON NY (@thakoonny) on

EK het die meest van die Chinese aktrise Fan Bingbing se uitrusting gehou. Ek is gaande oor die eenvoudige goue blinker aandrok met die versierde mantel.

  Die koningin van mode, Anna Wintour, se dogter Bee Shaffer het die kollig gesteel met ’n rok deur Sarah Burton van Alexander McQueen.

  @BEESHAFFER WEARING THE AMAAAZING SARAH BURTON FOR @WORLDMCQUEEN #MetByTestino #MetGala @VogueMagazine   A photo posted by MARIO TESTINO (@mariotestino) on


Ek is gaande oor Alexa Chung (Britse TV-aanbieder & model) se styl – of dit nou haar rooitapyt- of straatstyl is, sy weet hoe om ‘understated elegance’ reg te kry. Ek het haar amper nie herken sonder haar kenmerkende kuif nie. Die snit van haar rok is baie eenvoudig, maar wat dit uniek maak is die materiaal en die sakke. Ek is ook gaande oor die tikkie ‘quirky’ met haar keuse van blou hakke.

RG @nataporter Thank you @erdemlondon for making me feel like a princess princess!!

A photo posted by Alexa (@chungalexa) on

Wat dink jy van my keuses? Stem jy saam of nie?