FOTO: Instagram @Levis

FOTO: Instagram @Levis

SAARTJIE-modeblog

5 stappe om die perfekte jean op te spoor

Sukkel jy om die perfekte jean te kry? Is jy moeg om in besige winkels en beknopte aanpaskamers rond te skarrel vir ’n jean? Voel dit asof jy ’n speld in ’n hooimied soek? Toemaar, dis ’n algemene gevoel.

Jy moet net weet waarna om te kyk, beveel Saartjie aan.

SAARTJIE love

’n Jean is iets waarom enige vrou haar uitrusting kan beplan, daarom is dit so belangrik om die regte een te vind. Maar haal jou hande uit jou hare, want ek het die oplossing vir jou jean-dilemma!

Vermy ’n aaklige jean-shopping spree met dié 5 wenke

Hoe donkerder hoe beter!

Ons almal weet swart is baie vleiend, ongeag of jy plankdun is of kurwes het. My raad is altyd: gaan soek die donkerste denim in die winkel! ’n Donker jean met uitgebleikte dele op die bo-bene kan ook baie vleiend wees.

Vermy ligte kleure omdat dit álle kurwes beklemtoon (veral die kurwes waarop jy nie wil fokus plaas nie!). As jy hou van ’n ligte kleur, kies eerder ’n lospassende snit.

Gatsakke

Hoe groter die sakke hoe beter. Dit beklemtoon die kurwes vir die regte redes. Maar dit gaan ook oor proporsies – as jy klein en fyn is, moenie die jean soek met die grootste sakke nie. 

Oui to vintage 501 jeans. #regram @ksulf A photo posted by Levi’s® (@levis) on

Nate teen die kante

As die nate aan die buitekant van jou bene effens na voor is (m.a.w. nie direk in die middel van jou sy nie), laat dit jou bene en heupe skraler lyk.

Enkel-lengte jeans

Enkel-lengte jeans werk vir enige persoon. Dit laat jou bene aansienlik langer lyk.

A preview of our sport-inspired, blue & white looks for #spring, featuring our 524-skinny jeans.

A photo posted by Levi’s® (@levis) on

Tot waar?

Hipster – Die jean sit laag op jou heupe. Die meeste mense moet dié snit vermy, omdat dit maklik vir jou ’n muffin top kan gee.

Mid rise – Die jean is tussen jou heupe en high waisted. Dit laat jou bene langer lyk en pas gewoonlik by die meeste mense.

High waisted – ’n Goeie opsie as jy ’n lang bolyf het met min kurwes.

FOTO: Instagram @Levis

FOTO: Instagram @Levis