SAARTJIE-modeblog

5 Waaghalsige modes wat elke vrou moet probeer

Dis ’n nuwe jaar met nuwe uitdagings en sommer ook die perfekte jaar om jou styl op te kikker. Vroue is geneig om vir jare by ’n styl te hou. Dit is tyd vir ’n nuwe hoofstuk in jou klerekas.

Hier volg ’n paar wenke om jou 2015-klerekas meer modieus én waaghalsig te maak.

Rooi

Kies klere in skakerings van rooi, soos marsala – die kleur van 2015. Rooi simboliseer passie en selfvertroue wat perfek is vir die nuwe jaar. Dra ’n rooi uitrusting met hope selfvertroue.

Indien rooi op rooi té uitspattig is vir jou persoonlike styl, dra net ’n rooi item of iets met ’n rooi patroon.

Belt

Nóg ’n wenk is om ’n middelbelt te kies om jou uitrusting te voltooi. Die middelbelt plaas die fokus op jou kurwes, wat baie vleiend kan wees. Wees meer kreatief met die belt en dra dit oor jou kimono of jas.

Maksi-romp

’n Maksi-romp moet beslis dié jaar in jou kas wees. Wees kreatief en skaf ’n uitspattige maksi-romp aan – in ’n helder kleur, interessante patroon of selfs ’n camouflage-patroon

Broeke met nuwe lengtes

Kies ’n broek wat enkellengte is. Jy kan ’n palazzo-broek, skinny of selfs ’n boyfriend-jean koop. Wees op die uitkyk vir pin stripe-broeke, want dit gaan weer in die mode wees.

Oorvouromp

Oorvourompe is ook ’n moethê-item vir 2015. Jy kan dit vir jou in verskillende lengtes aanskaf. Die lekker ding van dié rompe is dat jy dit van dag na aand kan neem deur net hakke aan te trek en dalk jou juwele te verander.

Maak seker jy staan uit in 2015 en verander jou styl!

Broek

Broek , Woolworths

Bloes

Bloes , Woolworths

Middelbelt

Middelbelt , Woolworths

Maksi-romp

Maksiromp, PRINGLE OF SCOTLAND, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Maksi-romp

Maksiromp, FABRIC, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Culotte-broek

Culotte broek , Country Road by Woolworths

Broek

Broek, AKEDO, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Oorvouromp

Romp, STYLE REPUBLIC, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Romp

Romp, EDIT, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za