FOTO: Instagram  @le2leme, Adam Katz Sinding

FOTO: Instagram @le2leme, Adam Katz Sinding

SAARTJIE-modeblog

Dra jou knopieshemp soos ‘n ‘fashionista’ op 7 verskillende maniere

Ons almal het ’n hemp in ons kas, of dit nou ’n moderne denimhemp, klassieke wit hemp of ’n boyfriend-hemp is.

SAARTJIE love

Hier is 7 maniere om jou hemp te dra:

#1 Agterstevoor

Ja, jy dra letterlik die hemp verkeerdom, m.a.w. die knope is op jou rug. Dit kan baie sjiek lyk, maar vroue met groot borste moet dié een dalk vermy.

A beautiful open-back blouse for a really hot day ☀️ (helloooo NYC later this week!) @kristina_bazan NYC, September 2014

A photo posted by Vanessa Jackman (@vanessajackmanphotography) on

#2 Knoop dit!

Die styl herinner aan die sewentigs, maar is weer terug!

#3 Half ingesteek

Steek jou hemp in, maar trek dit weer effens uit sodat dit los hang (dit moet byna ’n muffin top-effek skep!).

#4 Ingesteek voor

Steek jou hemp net aan die voorkant in en laat die agterkant uithang vir ’n minimalistiese voorkoms.

#5 Kraag-“kappie”

Maak seker die boonste knope is los en trek jou kraag na die middel van jou rug. Dit skep ’n kappie-voorkoms en wys meer van jou neklyn.

#6 Moenie die hemp insteek nie

Laat hang die hemp oor jou jeans, romp of selfs rok.

#7 Laag op laag

Moenie bang wees om te layer nie. Dra byvoorbeeld ’n T-hemp of trui bo-oor jou hemp en laat die hemp onder uitsteek.

Maak dit dié week jou uitdaging om jou hemp elke dag op ’n ander manier te dra!