FOTO: Instagram @taylorswift

FOTO: Instagram @taylorswift

SAARTJIE-modeblog

10 aanvaarbare modefoute in jou 20’s

Die oomblik wanneer jy twintig word, byt twee goggas jou: die reisgogga en die koopgogga. En magtig, hulle kan aan jou vasklou! Veral die lastige koopgogga, want dié dink mos geld groei aan bome, al sê jou bankrekening iets anders.

Gelukkig is dit ook die jare waarin jy jou styl kan vind, sodat koopgogga nie onnodig byt nie. Vir 10 jaar het jy ’n gratis-uit-die-tronkkaartjie om die volgende 10 modefoute te maak.

WAARSKUWING: Dit kan die spaargeld in jou bankrekening verminder.

SAARTJIE love

 

10 aanvaarbare modefoute in jou 20’s

#1 Jy gaan koop iets, want jy is te lui vir wasgoed was!

Watter normale mens kan soos Sneeuwitjie tagtig bokke roep om haar te kom help wasgoed was? Niemand. Doen jou deel vir die natuur en respekteer die waterbeperkings.

via GIPHY

#2 Hakskoene wat jou die stabiliteit van ’n pasgebore kameelperd gee

Jy weet baie goed jou voete pyn binne ’n paar minute so dat jy wil huil. Maar nee, koop sal jy koop. Madam sal val net om mooi te lyk! Die geheim: Dis nooit die hakke nie, maar altyd die swak enkels.

via GIPHY

#3 Winskopies (LET WEL jy het dit nie nodig nie!)

Nou ja, wat kan ’n mens oor dié een sê. Koop is terapie! En om twee panties vir die prys van een te koop is absoluut noodsaaklik.

#4 Om iets te koop, want Ma moedig dit aan

Sodra jy jou eie salaris kry, sal Ma meer gereeld sulke kopies aanmoedig.

via GIPHY

#5 Jy gebruik jou haardroër of straightener om te stryk

Om die strykyster en strykplank uit te haal, is moeite! Weereens, wie kan tagtig bokke roep om vir jou te kom stryk. Niemand.

#6 Jy spandeer ’n kar se geld op ’n klassieke item

Herhaal: Kwaliteit bo kwantiteit, kwaliteit bo kwantiteit.

#7 Jy spandeer omtrent jou hele maand se salaris op ’n kledingstuk

Foeitog, almal beleef die maer jare. Kyk elke aand na daai paar skoene as jy met ’n honger maag moet gaan slaap.

via GIPHY

#8 Jy koop dieselfde item, maar in verskillende kleure 

Tekkies is gróót, maar het jy 7 pare nodig? Natuurlik. Een paar vir elke dag van die week. Wie wil nou hul ’n Woensdag-tekkie op ’n Saterdag dra?

#9 Reëls is daar om gebreek te word!

Vergeet van Emsie Schoeman se etiket-reëls, herhaal Saartjie se raad: Ek mag vlootblou en swart saam dra.

#10 Jy koop iets wat glad nie by jou styl pas nie

Jy mag dalk elke Desember by dieselfde plek vakansie hou, maar in hemelsnaam eksperimenteer met jou klere. Onthou net jy gaan dalk eendag terugkyk en vir jouself lag vir wat jy gedra het. Almal gaan iewers hul eie 80’s beleef. Vermy net die scrunchies.

via GIPHY

Indien jy al die foute gemaak het, hoop ek jy het daaruit geleer! #modefoute

Bron:  WHOWHATWEAR