pharrel
SAARTJIE-modeblog

Grammy-wenner Pharrell ontwerp saam met Adidas

Saartjie is so opgewonde oor Pharrell Williams se nuwe reeks saam met Adidas.

SAARTJIE inbox

Pharrell Williams (musiekkunstenaar en ‘n beoordelaar op The Voice) stel bekend die ikoniese Adidas Original Stan Smith-tekkie in ‘n nuwe reeks, Supercolor. Kyk hier, die Adidas Originals Stan Smith-tekkie bly nog altyd een van my gunsteling-sneakers, tydloos en stylvol. Maar die nuwe reeks laat jou voel soos toe jy kleintyd ‘n nuwe pakkie kryte oopgemaak het – daar is eindelose moontlikhede om iets ongeloofliks te skep, dié keer met jou klerekas!

Die nuwe Supercolor-tekkies is beskikbaar in 50 verskillende kleure, praat van 50 shades of rainbow!

Woolworths betrek Pharrell Williams by nuwe veldtog 

“Supercolor is a celebration of equality through diversity. With 50 colours of Superstar, everybody will be able to select his or her colour. It is more diverse than any pack ever before and therefore it is more individual than any pack ever before.” – Pharrell

Pharrell by die reeks. Foto: @pharrell instagram

Pharrell by die reeks. Foto: @pharrell instagram

Pharrell se nuwe reeks maak al ons sneaker-liefhebbers “happy”Wat meer kan ons vra? 50 verskillende kleure. 50 kleure vir 50 dae. ’n Kleur vir elke emosie. My persoonlike gunsteling is beslis die Marsala-kleur. Jy kan dié sneakers (R1 399) by Sportscene en by Adidas-winkels koop.

Die 50 kleure waaruit jy kan kies. Foto: @adidas - instagram

Die 50 kleure waaruit jy kan kies. Foto: @adidas – instagram

Kyk hier wat Pharell te sê het oor die reeks.

2015 gaan beslis ‘n kleurryke jaar wees!