SAARTJIE-modeblog

Afslag op luukse skoene

Saartjie is nog hard besig om winskopies los te slaan. Vandag kyk sy na luukse skoene.
SAARTJIE shop Een van Suid-Afrika se winkels vir luukse skoene, Spitz, het ‘n uitverkoping met tot 50%-afslag op items, wat handelsname soos Lacoste, Tosoni, Kurt Geiger, Carvela, Nina Roche, J.Reneé, Stuart Weitzman en nog vele meer insluit.

Spitz het dié winter ‘n ongelooflike reeks stewels gehad en ek dink dit is ‘n fantastiese kopie as jy egte leer en gehalte soek. Die klassieke snitte sal vir jou ‘n belegging wees wat jy ‘n paar jaar kan dra.Spitz - stewels - winter 2014

Buitendien dink ek ook nie die koue weer is al verby nie, so jy gaan beslis nog dra uit jou stewels kry.

Spitz het ongelukkig nie ‘n aanlyn winkel nie, maar klik hier om te sien waar hulle oral takke het.

Stewels wat op uitverkoping is:

Plat enkel stewel, Tosoni

Lang stewel met hak, Tosoni

Lang stewel met tossel-detail, Nina Roche

Enkelstewel, J Reneé