FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

SAARTJIE-modeblog

Alicia Vikander steel die kollig!

Ons weet nou al hierdie rooitapyt-geleenthede is eintlik net kleedrepetisies vir die Oscars.

Dank die sterre, want as van dié rokke by die Oscars moet verskyn, sal ek vinniger as Usain Bolt na ’n boks tjoklits gryp. Net as jy dink die ergste is verby, kom die volgende geleentheid. Die een lelike rok na die ander.

Ek weet, ek weet, julle dink seker: “Magtig, Saartjie! Is dit nodig om so sinies te weet?” Ek sou minder sinies gewees het as van die sterre net vir oulaas in ’n spieël gekyk het. Die Critics’ Choice Awards was by verre die grootste teleurstelling. Wie het die sterre aangetrek? Ek vind Melissa McCarthy snaaks, maar aardetjie tog, sy hoef nie ook snaaks aan te trek nie. En Jennifer Aniston se rok! Genade, sy moet eerder op haar Friends-reünie fokus.

via GIPHY

Gelukkig was daar ’n paar uitsonderings, soos die beeldskone Alicia Vikander en Rachel McAdams. Dankie dames! Julle maak Saartjie se hart baie bly.

Hier is van die grootste trends

SAARTJIE love

#1 50 shades of blue

Blou, blouer, blouste. Ek dink Laurika Rauch se “Blou” was die inspirasie vir die trend. Akwamarynblou was veral gesien en bekendes soos Jennifer Aniston, January Jones en Saoirse Ronan het in dié kleur gepronk.

#2 Splete

Hoe gaan daai sê-ding? “If you got it, flaunt it.” Rosie Huttington-Whiteley het in ’n swart nommertjie haar lang kameelperdbene vir die wêreld gewys. Jennifer Aniston wou ook been wys, maar het haar duidelik met die plasing van die spleet misgis …

#3 Blinkers en metaalkleurige rokke

Dit was ook op elke hoek en draai van die rooi tapyt. Kate Beckinsale het beeldskoon gelyk in haar silwer nommertjie. En Alicia Vikander het soos ’n godin gelyk, kyk net daai kralewerk!

Embed from Getty Images

#4 Oop rug

In Hollywood is die sterre vir seker nie skaam om vel te wys nie. Soms wonder ek of die materiaal opgeraak het. Maar daar is min dinge so sexy soos ’n oop rug.

#5 Klassieke swart

Dis definitief ’n gróót trend! By die afgelope paar rooitapyt-geleenthede het ek meer swart gesien as by ’n begrafnis.

Embed from Getty Images

#6 Donker kleure

Wynrooi en vlootblou was ook groot. Krysten Ritter het omtrent die koppe laat draai.

Ek het ’n idee van hierdie trends gaan beslis ook by die Oscars te siene wees. Kom ons hoop hulle verras my eerder.

Lees ook