2014 American Music Awards - Arrivals
SAARTJIE-modeblog

Amerikaanse musiek-toekennings: Die gróót trend op rooi tapyt

Dit was die naweek die American Music Awards in Los Angeles en swart was ‘n gróót trend.
SAARTJIE styl

Ons is gewoond aan kleur en uitspattige uitrustings by dié toekennings, maar vanjaar was swart die groot kleur op die rooi tapyt

Ons het van dié 3 gehou

Kendal Jenner het perfek vir ouderdom aangetrek – óók vir haar nuwe status as die nuwe gesig van Estée Lauder. Daai broekie…

2014 American Music Awards - Arrivals

Kendal Jenner (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Fergie van die Black Eyed Peas het ook was klassiek in ‘n meer eenvoudige snit. Die sterk metaaldetail maak dié rok modern.

42nd Annual American Music Awards - Arrivals

Fergie (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Ons wenner?

Ja, Selena Gomez. Vir ‘n 22-jarige het sy ongelooflike styl. Die hoë neklyn met die lang moue en lae rug is stylvol, maar baie sensueel.

2014 American Music Awards - Arrivals

Selena Gomez (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

En die manne…
Die groep One Direction het almal swart gedra en elkeen sy eie besonderse styl so weerspiëel.

Ander sterre wat ook swart gedra het:

Jenny McCarthy in haar swart rok besig om klaar te maak. Foto: @hairandfitness2 instagram

Jenny McCarthy in haar swart rok besig om klaar te maak. Foto: @hairandfitness2 instagram

Sanger Charli XCX Foto: @charlie_xcx instragram

Sanger Charli XCX Foto: @charlie_xcx instragram

Lucy Hale se "close-up" van die interessante detail op haar swart rom. Foto: @lucyhale instagram

Lucy Hale se “close-up” van die interessante detail op haar swart rom. Foto: @lucyhale instagram

Kendall Jenner se ou sus Khloe het ook 'n swart nommertjie gedra. Foto: @kloekardashian instagram

Kendall Jenner se ou sus Khloe Kardashian het ook ‘n swart nommertjie gedra. Foto: @kloekardashian instagram