SAARTJIE-modeblog

BAFTA-toekennings: Die bes geklede vroue

Saartjie se hoogtepunte tydens die BAFTA-toekennings.
SAARTJIE loveKyk hier, in die algemeen was ek ongelooflik teleurgesteld in al die bekendes wat die BAFTAS bygewoon het. Nee, regtig man, hulle kon darem ‘n bietjie meer moeite gedoen het. Die mans het baie beter as die vroue gelyk. Maar nietemin, ek darem vir julle die vyf bestes uitwys.

Julianne Moore het bo al die ander uitgestaan in ‘n rooi rok met lang moue wat dié tyd van die jaar perfek is vir die koue Londen.

 

Léa Seydoux het gestraal in ‘n kanariegeel rok.

FOTO: Dave J Hogan / Getty Images

FOTO: Dave J Hogan / Getty Images

Dianna Agron het ook verruklik gelyk in rooi. Ek is mal oor die sakke aan die rok.

Rosamund Pike het die klassieke swart nommertje haar staatmaker vir die aand gemaak.

Laura Bailey het wegbreek van die norm en ‘n balrok gekies met ‘n skoon moderne neklyn.

Wat dink jy van die top vyf rokke by die BAFTAS? Stem jy ook saam dat hulle meer moeite kon doen?

Kry hier Diane Agron & Julianne Moore se vlambojante voorkoms:

ROOI: Halternek

Halternekrok , Style Republic, te koop by die SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za/sarie

ROOI: Eenskouer

Eenskouerrok , Tart, te koop by die SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za/sarie

ROOI: Patroon

Aandrok , Gert-Johan Coetzee, te koop by die SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za/sarie