Hofit Golan. Foto: @hofitgolanofficial/instagram

Hofit Golan. Foto: @hofitgolanofficial/instagram

SAARTJIE-modeblog

BAFTA-toekennings: Die swakste geklede vroue

Saartjie het dié uitrustings teleurstellend gevind by die BAFTAs.
SAARTJIE hastagEk moet erken die rooitapyt-modes by 2015 se BAFTA-toekenings was die swakste nóg. En hier is die swakstes onder die swakstes.

Charlie Webster (TV-aanbieder) lyk asof sy nie kon besluit watter rok sy wil hê nie, toe smelt sy sommer twee onsuksesvol saam.

Charlie Webster. Foto: @CharlieCW/twitter

Charlie Webster. Foto: @CharlieCW/twitter

Hofit Golan (model) moes eerstens gevrek het van die koue, en tweedens lyk dit asof sy na ‘n kostuumpartytjie gaan met die tema “Maan & sterre”.

Hofit Golan. Foto: @hofitgolanofficial/instagram

Hofit Golan. Foto: @hofitgolanofficial/instagram

Kyk hier, ek is mal oor Romola Garai (Atonement) se skoene en romp, maar o wee, die bloes werk nie vir die BAFTAs nie. As sy die uitrusting kantoor toe gedra het, het ek haar definitief die thumbs up gegee.

Romola Garai. Foto: @hellomag/twitter

Romola Garai. Foto: @hellomag/twitter

Claudia Winkleman (TV-aanbieder) het weer gelyk asof sy 1980 se matriekafskeid-nommertjie aan het.

Claudia Winkleman. Foto: @YahooCelebUK/twitter

Claudia Winkleman. Foto: @YahooCelebUK/twitter

Natalie Dormer (Game of Thrones) se rok maak my nie baie opgewonde nie. As sy nie die kant-handskoene gedra het nie, was sy nie op die lysie vir swakste gekledes nie. Sy sou dan net weggesmelt het in die see van ander rokke.

Natalie Dormer. Foto: @panempropaganda/twitter

Natalie Dormer. Foto: @panempropaganda/twitter

 

Stem jy saam dat die sterre definitief nie geskitter het op die rooi tapyt by die BAFTAs nie?