Actress Eden Sher of beter bekend as Sue Heck van die TV-reeks The Middle. Foto: @eden_sher instagram

Actress Eden Sher of beter bekend as Sue Heck van die TV-reeks The Middle. Foto: @eden_sher instagram

SAARTJIE-modeblog

Bes geklede by die Critics’ Choice Awards 2016

Saartjie is gaande oor die rooitapyt-seisoen. Hier is haar top-10 gunstelinge by die Critics’ Choice Awards.
SAARTJIE love

Die toekenningseisoen is in volle swang en ek vergryp my aan al die rooitapyt-geleenthede. Die Critics’ Choice Awards was Sondagaand 17 Januarie en hier is die dames wat volgens my nie ‘n voetjie verkeerd gesit het op die rooi tapyt nie.

Een van ons gunsteling-aktrises, Jennifer Aniston, het nie ons lys van die mooiste rokke gehaal nie! Kyk hier na haar rok. Maar ander gunstelinge soos Alicia Vikander, Rosie Huntington-Whiteley en Helen Mirren het wel! Kyk na al die mooi rokke hieronder.

Kristen Dunst (Fargo)

Nommer een op my lys. Ek’s gaande oor die vintage gevoel van die rok met al sy kralewerk. Haar juwele en skoene is perfek hier by, want dit laat die ongelooflike rok die praatwerk doen.

 

Rosie Huntington-Whiteley

Rosie is wéér op ons lys van mooiste rokke. By die Golden Globes het sy ons verras met haar en akteur Jason Statham se verlowing! Met haar lange bene in dié rok met sy hoë spleet kan jy ook net nie jou oë afhaal van Rosie (Mad Max: Fury Road) nie. Van die A-simmetriese neklyn tot die lae rug is sy nou maar eenmaal net ‘n “bombshell”.

 

Alicia Vikander

Dié interessante nuwe aktrise is op almal se lippe, want sy is die uitskieter-ster van die toekenningseisoen. Sien haar in The Danish Girl en Ex Machina. Lees meer oor Alicia HIER. Vandat die toekenningseisoen begin het, sit Alicia net nie ‘n voet verkeerd nie. Net soos haar voorskotrok by die Golden Globes is die detail van dié rok verruklik.

 

Helen Mirren

Kyk hier, ek is gaande oor Helen Mirren. My groot wens is dat ek eendag so grasieus en stylvol soos sy sal oud word. Wow! Sy weet nou maar net een maal hoe.

Rachel McAdams (Spotlight)

Sy haal nie sommer my bes geklede lysie, maar sy het regtig stunning gelyk in ‘n wynrooi rok met ‘n lae rug. Wat dié rok so spesiaal maak is sy die materiaal en kleur. Rachel was een van ons teleurstellings by die Golden Globes verlede week, maar het met dié geleentheid weer haar modestatus teruggewen!

Embed from Getty Images

 

Liv Tyler

Met ‘n swangerboepie het Liv (The Leftovers) gewys dat ‘n swanger vrou ook sensasioneel kan lyk op die rooi tapyt.

Krysten Ritter (Jessica Jones)

Sy het ook ongelooflik gelyk in ‘n wynrooi rok.

 

January Jones (Mad Men)

Die snit van January se rok was glad nie spesiaal nie, maar die kleur en kralewerk het jou twee keer laat kyk.

Eden Sher (The Middle)

Eden het gewys hoe jy foutloos ‘n klassieke swart-en-wit kombinasie interessant hou deur met verskillende diktes strepe te speel.

 

Aya Cash (You’re the Worst)

En laastens het aktrise Aya Cash (You’re the Worst) so bietjie van die mans gesteel, maar die broekpak pas haar uitstekend en die enkelhoogte-broekpyp is baie vleiend.

Stem jy saam met Saartjie? Wie is jou gunsteling?