SAARTJIE-modeblog

Cara Delevingne in die top-“looks” vir die seisoen

Topshop het pas hul derde veldtog met Cara Delevingne as gesig bekend gestel. Cara wys hul sleutel-voorkomste vir lente 2015.

SAARTJIE inbox

Topshop se sewentigs geïnspireerde voorkoms. Die paisley patroon en dun serp

Topshop se sewentigs-geïnspireerde voorkoms: die paisley-patroon en dun serp.

Cara dra die grootste trends van die sewentigs-voorkoms tot die sterk militêre styl. Denim  by denim bly nog groot vir die volgende seisoen en is ook een van Topshop se sleutel-voorkomste.

In die veldtog dra Cara ook die moet-hê-LBD (little black dress) van Topshop, wat sy na die opening van die handelsmerk se 5th Avenue-winkel gedra het.

A photo posted by Topshop (@topshop) on

Die 22-jarige staan bekend as “the wild child of fashion”, soos gesien kan word op haar Instagram-profiel. Dié video wys ook dat sy is lief vir pret en haarself nie te ernstig opneem nie.

Kyk hier vir nog van Topshop se lente 2015-veldtog met Cara Delevingne

Wit T-hemprok van denim

Kakie baadjie en broek met 'n kort top

Denim op denim

70's-styl rok met blompatrone

Sewentigs se paisley-patroon en dun serp