Chris Hemsworth
SAARTJIE-modeblog

Chris Hemsworth as die nuwe TAG Heuer-ambassadeur

Verlede jaar is dié Thor-akteur deur People-tydskrif aangewys as die sexyste man wat lewe. Al het hy vanjaar sy titel afgestaan aan David Beckham, het hy ‘n nuwe sexy titel bygekry as ambassadeur van TAG Heuer.

SAARTJIE inbox

Chris Hemsworth deel nou die titel met ander A-lys-akteurs soos Brad Pitt en Leonardo DiCaprio, asook F1-renjaers soos Lewis Hamilton en Jenson Button wat al voorheen ambassadeurs was van die gesogte horlosie handelsmerk.

FOTO: Chris Hemsworth se dramatiese gewigsverlies

Die Australiese akteur het in 2013 die rol van F1-renjaer James Hunt vertolk in die fliek Rush. Hier het sy verhouding met TAG Heuer begin, want dit was in die 70’s dat TAG Heuer vir die eerste keer saam met F1-resies geassosieer is.

David Beckham is die sexyste man op aarde

Kyk hier hoe F1 en TAG Heuer se verhouding begin het:

Saam met Cara Delevingne, Tom Brady en Cristiano Ronaldo is Chris Hemsworth ook nou deel van die Switserse horlosie-handelsmerk se nuutste veldtog #DontCrackUnderPreassure

So lyk Chris Hemsworth in die nuwe TAG Heuer veldtog:
ChrisHemsworth/TagHeuer/01/12/2015