FOTO: Instagram @jimmychoo

FOTO: Instagram @jimmychoo

SAARTJIE-modeblog

Dalk bekendes se gunsteling-skoene op die rooi tapyt?

Jimmy Choo-skoene is gróót! Die gewilde handelsnaam vier vanjaar sy 20ste verjaardag en ek het gaan kyk hoe bekend dié ontwerperskoene onder celebs is.

SAARTJIE love

Dit lyk vir my ou “Jimmy” is omtrent elke bekende se beste “vriend” – dalk selfs die “plus een” – op die rooi tapyt!

#KristenStewart spotted on the red carpet wearing the #JimmyChoo ANOUK pump

A photo posted by Jimmy Choo (@jimmychoo) on

Jimmy Choo’s was ook baie gewild in die TV-reeks Sex and the City. Een van my gunsteling-herinneringe is die episode waarin Carrie Bradshaw (Sarah Jessica Parker) eerder $40 000 op skoene uitgegee het as om haar huur te betaal. Dakloos in styl? 

Bekendes is absoluut gaande oor die handelsnaam, daarom sien ons dit gereeld op die rooi tapyt. Akteurs soos Kate Winslet, Leonardo DiCaprio (Titanic se paartjie), Jennifer Lopez en Jane Fonda was onder diegene wat in “Jimmy’s” gesien is by vanjaar se Golden Globes.

See who was spotted walking the red carpet wearing #jimmychoo at this year’s #goldenglobes A video posted by Jimmy Choo (@jimmychoo) on

Jimmy Choo het ook onlangs die Lucy-reeks uitgebring. Dis besonder gewild en het al onder meer gepryk aan die voete van Jennifer Lawrence, Alexa Chung en Zoe Saldana.

Asymmetrical beauty: Discover the #jimmychoo LUCY sandals

A photo posted by Jimmy Choo (@jimmychoo) on

 

Hier is ‘n lys datums wat ‘n oorsig gee oor die geskiedenis van Jimmy Choo-ontwerperskoene

  • 1996: Skoen-ontwerper Jimmy Choo stig sy maatskappy met dieselfde naam in Londen, VK
  • 1997: Prinses Diana dra Jimmy Choo’s
  • 1998: Jimmy Choo se eerste verskyning op die rooi tapyt, aan die voete van aktrise Cate Blanchett
  • 2000: “Jimmy” maak sy debuut in Sex and the City
  • 2001: Die eerste stewelreeks word bekend gestel
  • 2002: Halle Berry dra “Jimmy’s” toe sy haar Oscar-beeldjie ontvang vir Beste Aktrise (in Monster’s Ball)
  • 2003: Die eerste handsakreeks sien die lig
  • 2005: Charlize Theron dra Jimmy Choo’s by die Oscar-aand
  • 2006: Jimmy Choo begin sy webtuiste
  • 2007: Die eerste sonbrilreeks
  • 2008: Jimmy Choo wen die British Fashion Council se gesogte Ontwerpershandelsmerk van die Jaar
  • 2009: Michelle Obama dra Jimmy Choo’s by haar man, Barack Obama, se inhuldiging as president van die VSA
  • 2010: Sandra Bullock dra “Jimmy’s” tydens haar groot oomblik by die Oscars – sy word bekroon as Beste Aktrise vir haar rol in The Blind Side
  • 2010: Die eerste reeks tekkies
  • 2011: Die eerste Jimmy Choo-parfuum
  • 2011: Die eerste manswinkel maak in Londen oop
  • 2011: Natalie Portman wen ‘n Oscar as Beste Aktrise vir haar spel in Black Swan – en sy dra Jimmy Choo-skoene
  • 2012: Meryl Streep – in haar Jimmy Choo’s – wen die BAFTA-toekenning as Beste Aktrise vir haar vertolking van Margaret Thatcher in The Iron Lady
  • 2012: Die Britse model en sanger Karen Elson dra Jimmy Choo’s tydens die afsluitingseremonie van die Olimpiese Spele
  • 2013: Beyoncé wen die Grammy vir die Beste Tradisionele R&B-sanger – en sy dra dié aand Jimmy Choo’s
  • 2013: Nicole Kidman is die gesig van Jimmy Choo se Herfs/Winter-reeks
  • 2014: Nicole Kidman is die gesig van Jimmy Choo se Lente/Somer-reeks
  • 2014: Die eerste mansparfuum
  • 2015: ‘n Jimmy Choo-skoen is deel van Anna Kendrick & Neil Patrick Harris se dans-item in die openingseremonie van die Oscar-aand – en die naam van die skoen word genoem!

BRON : Jimmy Choo webtuiste

Ek is absoluut gaande oor die handelsnaam! Die skoene is absoluut beeldskoon en enige vrou se droom. Ek stem ook saam dat hoëhakskoene jou uitrusting net kan maak, ongeag of jou voete nou vrek seer is of te nie! Styl verg opoffering, al is dit om jou voete vir ure in yswater te sit.