Mayim Bialik van die reeks The Big Bang Theory. Foto: @bigbangtheory_cbs instagram

Mayim Bialik van die reeks The Big Bang Theory. Foto: @bigbangtheory_cbs instagram

SAARTJIE-modeblog

Die teleurstellings by die Critics’ Choice Awards 2016

Saartjie wys ons die bekendes wat die swakste gelyk het by die Critics’ Choice-toekennings.
SAARTJIE hastagSoos die lewe maar is, is daar altyd wenners en verloorders. Die volgende was definitief die mode-verloorders op die rooi tapyt by die Critics’ Choice. En as dié items deur ‘n stileerder aangedra is, stel ek voor hy of sy moet onmiddellik afgedank word.

Dié bekendes moet so gou moontlik ‘n nuwe stileerder kry.

Mayim Bialik

Kyk hier, ek is mal oor haar rol in The Big Bang Theory. Boonop was sy die wenner in die afdeling vir Beste Ondersteunende Aktrise in ‘n Komediereeks en ek’s so bly vir haar. Sy is immers supersnaaks, maar dié keer is haar rok supersnaaks. Dit lyk alsof sy na ‘n oudisie gaan vir die karakter Fiona in ‘n nuwe Shrek-fliek. Al wat sy nog kort is ‘n rooi pruik. #sackthestylist

Melissa McCarthy (Bridesmaids)

Nog een van my gunsteling-aktrises in wie ek teleurgesteld is. Sy is altyd so ‘n goeie voorbeeld van hoe ‘n groter vrou stylvol kan aantrek, maar o wee, nie dié keer nie. Dit lyk asof sy haar ouma se gordyne vir rokmateriaal gebruik het.

Diane Warren

Die liedjieskrywer het duidelik nie die dress code verstaan nie. Haar idee van ‘n swart pak op ‘n rooi tapyt is verstommend. My mond hang letterlik oop. Sy moet dalk Aya Cash se stileerder nader sleep. Kyk hier hoe ongelooflik Aya Cash in ‘n broekpak lyk.

Rachel Bloom (Crazy Ex-Girlfriend)

Sy dra dalk een van die grootste trends (die eenstuk), maar ai tog, dit werk net nie. En die enigste probleem is dat dit nie goed gepas het aan haar nie.

Laura Haddock (Da Vinci’s Demons)

Wildvreemd, en nie eens haar skoene is mooi genoeg om die rok te red nie. En die vreemde sakkies voor … Nee, o vader! #sackthestylist

Wat dink jy van dié uitrustings? Stem jy saam met Saartjie?