Madonna. Foto: @madonna_instagram

Madonna. Foto: @madonna_instagram

SAARTJIE-modeblog

Dít dra bekendes om selluliet weg te steek

Saartjie gesels oor ons vroue se gróót nagmerrie … selluliet.

SAARTJIE-hastag

Hulle mag dalk ryk, mooi en bekend wees, maar niemand is perfek nie. Vrek man, iewers moet hulle ons nie so sleg laat voel oor onsself nie. En my gróót vloekwoord is ook hulle s’n – selluliet!

Selluliet: 8 dinge wat jy moet weet

Jip, Beyoncé, Madonna en vele meer sukkel met dieselfde probleem. En wat is hulle geheim wanneer hulle so voor die wêreld in daardie kleine, kleine uitrustings moet optree? Visnetkouse!

Tydens die onlangse Super Bowl het Beyoncé weereens in ’n eina-klein uitrusting wat elke kurwe wys, opgetree. Om daardie onooglike bumps weg te steek, het sy die Oostenrykse handelsmerk Wolford se visnetkouse gedra.

A photo posted by Beyoncé (@beyonce) on


Madonna is net so ’n groot aanhanger van Wolford se visnetkouse en het dit ook gedra toe sy en Taylor Swift saam opgetree het by die iHeartRadio-musiektoekennings in 2015.

Selfs die jong kinders neem nie kanse met daardie onooglike dimpels nie. Selena Gomez dra ook dié kouse wanneer sy optree.

Modewenke vir daardie onooglike lemoenskil

* Vermy klere wat te styf span oor jou boud- en bobeen-area.
* As jy lief is vir stywe nommertjies, kies altyd ’n dikker materiaal. Die dun rekmateriale wys elke dimpel, panty-lyn en ook alle rolle.