Kendall Jenner, Gigi Hadid & Jourdan Dunn tydens die bekendstelling van Balmain x H&M in New York. Foto: Matteo Prandoni/BFA vir H&M

Kendall Jenner, Gigi Hadid & Jourdan Dunn tydens die bekendstelling van Balmain x H&M in New York. Foto: Matteo Prandoni/BFA vir H&M

SAARTJIE-modeblog

Een van Kendall, Kim & Kylie se gunsteling-ontwerpers nóú in SA beskikbaar

Ons tel die dae af tot wanneer Balmain in Suid-Afrika beskikbaar is. Bekendes soos Kim Kardashian en Kendall & Kylie Jenner word gereeld in sy ontwerpe gesien. En nóú kan jy dit ook kry.

SAARTJIE love

Skaars ‘n maand nadat H&M se eerste winkel in Suid Afrika geopen het, gaan die SA fashionistas hul eerste dosis van H&M-ontwerperskeppings beleef. En glo my, dit is ongelooflik!

'n Teffende pienk noupassende rok. Foto:Joe Schildhorn/BFA.com vir H&M

‘n Teffende pienk noupassende rok. Foto:Joe Schildhorn/BFA.com vir H&M

Ek was bevoorreg om dit in 2009 in Duitsland te beleef toe Sonia Rykiel ‘n reeks vir H&M ontwerp het. Dit was gryp, gryp, gryp om alles te kry waarin jy belangstel. En so gou as moontlik in die tou te kom vir die aantrekhokkies. En daar besluit jy in die aantrekhokkie waarmee jy jou bankbalans gaan breek. Ek het gevoel soos ‘n klein kindjie in ‘n speelgoedwinkel, want ek kon nie álles kry nie – ek moes kies en sekere items eenkant sit. Dit was swáár!

Lees meer oor al die bekendes wat by die bekenstelling was en kry ‘n kykie na Saartjie se gunsteling items van dié reeks.

Fluweelbaadjie met kralewerk. Foto: Joe Schildhorn/BFA.com vir H&M

Fluweelbaadjie met kralewerk. Foto: Joe Schildhorn/BFA.com vir H&M

En ja, dit is duurder as die normale H&M-item, maar die moeite werd. Ek kon net twee goedjies bekostig: ‘n rokkie en ‘n borsspeld. En ek het die rokkie gaar gedra. Dit het vanjaar amptelik sy gat gesien nadat ek dit vir 6 jaar twee keer ‘n week gedra het – herfs, winter, lente en somer. ‘n Bewys van uitstekende kwaliteit. Ek was en is nog steeds gaande daaroor. Ek het dit nog nie oor my hart gekry om dit weg te gooi nie. Die “hoarder” in my hou nog vas aan elke oomblik; van die koopslag tot die dra-slag.

Kendall Jenner lyk ongelooflike in die "embellished" top. Foto: Joe Schildhorn/BFA.com vir H&M

Kendall Jenner lyk ongelooflike in die “embellished” top. Foto: Joe Schildhorn/BFA.com vir H&M

En nóú is dit jou beurt om soos ‘n kind te voel in ‘n speelgoedwinkel. Die datum is 5 November 2015. Skryf dit nou in jou dagboek, want “if you snooze; you loose”. Onthou, die reeks is eksklusief tot H&M en daar is net ‘n beperkte hoeveelheid beskikbaar.

Kyk hierna vir ‘n voorsmakie van wat jy in die winkel kan verwag:

Kapenaars was die eerste in SA om met ’n H&M-winkel in die V&A Waterfront te spog. Saterdag, 7 November, is dit Johannesburgers se beurt wanneer dié winkel in die Sandton City-winkelsentrum oopmaak.

Elle_Sarie_Grazia_1024X512_7