FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

SAARTJIE-modeblog

Emmy-toekennings: Die beste en swakste geklede vroue

Saartjie is ’n TV-liefhebber en daarom was sy vroegoggend voor die kassie om na die Emmy-toekennings te kyk. Natuurlik nie net om te sien of haar gunsteling-aktrise met die beeldjie weggestap het nie, maar ook om te sien wat die bekendes dié jaar gedra het.  

 

 

Sy kies die top-rokke en die minder suksesvolle uitrustings van die aand … Stem jy saam met haar keuse?

SAARTJIE stylSjoe! Dit was glad nie ’n maklike taak om my gunstelinge te kies nie. Dis so lekker om die een mooi uitrusting ná die ander te sien …

My wenner van die aand is beslis Camila Alves (Matthew McConaughey se vrou). Sy het verruklik gelyk in ’n naaswit rok met uitsny-detail. En as ’n paartjie is hulle ook die styl-wenners van die aand!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

Dan was ek ook gaande oor Allison Williams van Girls-faam se balrok. Die geel middelband maak van die klassieke snit iets interessants.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

In Kate Mara van House of Cards se rok word met teksture gespeel. En sy het swart op ’n baie slim manier ingebring – swart naels, swart enkelbandjie van die wit skoene, swart-en-wit handsak en die swart borduurwerk op die hals.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

The Big Bang Theory se Kaley Cuoco se rooi rok met pienk blomme uit kant het ’n speelse elegansie aan die rooi tapyt verleen.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

Lizzy Caplan van Masters of Sex se swart rok met sy wit sleep het my asem weggeslaan. Sy het net ongelooflik elegant gelyk. Maar oeps! Regs van haar staan Lena Dunham wat saam met Allison Williams in Girls speel. ’n Absolute marshmallow-ontploffing! Ek sal regtig graag wil weet wat deur haar (en haar stilis) se kop gegaan het …

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Lizzy Caplan (links) en Lena Dunham (regs) FOTO: Gallo Images/Getty Images

Wat dink jy? Wie het die toets geslaag en wie moet eerder ’n ander stilis aanstel? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!