FOTO: Instagram @giulianarancic

FOTO: Instagram @giulianarancic

SAARTJIE-modeblog

Emmy-toekennings 2015: Die mooiste rokke van die aand

In die televisiereekse waarin hulle verskyn, lyk hulle soos elke Jan Rap en sy maat, maar by die Emmy-toekennings het hierdie bekendes my asem weggeslaan.
SAARTJIE loveHulle het ongelukkig nie ’n beeldjie gewen nie, maar volgens my stap hulle beslis weg met ’n beeldjie vir die Bes Geklede Vroue.

Lady Gaga het my totaal onkant gevang. Sy is nie baie op my modelysie nie, maar ek moet haar dié keer uitsonder. Sy het ongelooflik stylvol gelyk van kop tot toon – niks snaakse goed nie.

Die aktrise Jaimie Alexander (Thor: The Dark World) het verruklik gelyk in ’n gekleurde blinkerrok met lang moue.

Sarah Hyland van Modern Family het ongelooflik gelyk in ’n trendy kaalskouer-rok in Pantone se kleur van die jaar, Marsala.

Aubrey Plaza van Parks and Recreation se lae V-nek met hoë spleet was sexy maar tog stylvol.

Kerry Washington het soos ’n moderne gladiator gelyk. Kerry het beslis gewaag met dié uitrusting. Haar rok doen die praatwerk, met haar eenvoudige grimering, min juwele en fyn, elegante hakke. Sy is definitief die mode-wenner van die aand!

Emma Roberts van American Horror Story het soos ’n Ou Hollywood-godin gelyk: klassiek en stylvol.

Pienk is een van die groot tendense oorsee vir hul winter 2015/2016 en Giuliana Rancic het  gewys dat pienk nie net vir klein dogtertjies is nie.

En jy weet ek hou mos nie eintlik van pienk nie. So om ’n pienk rok onder my gunstelinge te kies, moet dit my regtig beïndruk.


Sarah Paulson is een van die vele aktrises wat die kaalskouer-trend gedra het. Ek is gaande oor haar swart-en-vlootblou blinker-kombinasie. Die kraai binne my is mos nou maar een maal mal oor iets wat blink.

 

Wat dink jy van dié rokke? Stem jy saam met Saartjie se keuse?