SAARTJIE-modeblog

Gigi Hadid die nuwe gesig van nog ‘n bekende modehuis

Die groot Amerikaanse modehuis Tommy Hilfiger het pas die nuus gebreek dat Gigi Hadid nie net hul nuwe gesig is nie, maar ook in samewerking met Tommy Hilfiger ‘n spesiale reeks gaan ontwikkel.

SAARTJIE inbox

“Ek het nooit gedink ek sal gevra word om ‘n basiese versameling te ontwerp nie, daarom voel dit steeds soos ‘n droom dat Tommy my genader het om saam met hom te werk,” sê Gigi Hadid.

#TOMMYxGIGI. Fall 2016.

A photo posted by Gigi Hadid (@gigihadid) on

Dit is ‘n groot stap vir Gigi om die ambassadeur van ‘n wêreldbekende modehuis te wees. Die vrouereeks gaan bestaan uit ontspanningsdrag, skoene, bykomstighede, sonbrille en ‘n nuwe parfuum. Die gevoel van dié reeks gaan ‘n kombinasie wees van Gigi se unieke moderne styl en Hilfiger se klassieke Amerikaanse styl.

Gigi Hadid en Tommy Hilfiger. Foto: verskaf

Gigi Hadid en Tommy Hilfiger. Foto: verskaf

“Ek ken Gigi en haar gesin al jare lank en dit was wonderlik om te sien hoe sy ontwikkel tot een van die wêreld se top-modelle en gewildste mode-invloede,” sê Tommy Hilfiger. “Gigi was deel van ons loopplankvertonings en nou is ons verheug om vorentoe met haar saam te werk as die nuwe gesig van Tommy Hilifiger-vroueklere en -geur. Sy is waarlik vandag se ‘Tommy Girl’ – haar innemende persoonlikheid is vrolik en altyd optimisities, en haar styl is vol selfvertroue, gemaklik en ontspanne.”

Gigi is ook baie gewild op sosiale media. Sy het ongeveer 10,2 miljoen volgelinge op Instagram en net meer as 1 miljoen op Twitter en Facebook. Sy deel graag agter-die-skerms-foto’s van vertonings en rooitapyt-geleenthede met haar aanhangers. Gigi was al op verskeie tydskrifvoorblaaie, vanjaar op onder meer dié van W, Harper’s Bazaar, Elle, TeenVogue en minstens vier verskillende lande se Vogue. En sy het deel geword van die eksklusiewe groep Victoria’s Secret-modelle by dié onderklere-reeks se jaarlikse groot loopplankvertoning. Gigi het al in verskeie musiekvideo’s verskyn, ook in Taylor Swift se “Bad Blood”.

VIDEO: Kyk Taylor Swift se sterbelaaide Bad Blood

Ons is baie opgewonde om te sien hoe dié reeks gaan lyk, maar ons weet nog nie of dit in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees nie.

Kyk hier na van die voorblaaie waarop Gigi vanjaar verskyn het:

Gigi Hadid op Vogue Brasilië se voorblad - Julie 2015

Vogue Australië - Junie 2015

W Magazine - September 2015

Teen Vogue - Maart 2015

Elle Kanada - November 2015

Vogue Nederland - Novmeber 2015

Vogue Spanje - Maart 2015