Madonna. Foto: @madonna / instagram

SAARTJIE-modeblog

Grammy-toekennings: Die swakste geklede vroue

Saartjie het dié uitrustings teleurstellend gevind by die Grammys …
SAARTJIE hastag

Kyk, ek weet in Hollywood wil almal die aandag trek. Maar wil jy nou regtig op almal se “worst dressed”-lysie beland? Ek sal graag vir elkeen van die volgende sangeresse wil vra: “Wat het deur jou kop gegaan toe jy besluit het dít is nou die outfit vir my?”

Ons skop af met Madonna, sy is immers al in haar vyftigs. Nee kyk, ek weet sy het ‘n fantastiese lyf, maar dít is belaglik. Dit lyk asof sy na een of ander “fancy dress”-party gaan. Dit is baie meer gepas vir een van haar shows as vir die rooi tapyt.

Madonna. Foto: @madonna / instagram

Madonna. Foto: @madonna / instagram

Rihanna se uitrusting was nogals baie preuts vir haar. Daar was skaars ‘n stukkie lyf wat gewys het, maar o wee, sy het gelyk soos ‘n marshmallow-ontploffing.

Rihanna. Foto: @xxl / instagram

Rihanna. Foto: @xxl / instagram

Ciara se rok het haar gedra en nie sy die rok nie. ‘n Val-ontploffing.

Ciara. Foto: @ciara / instagram

Ciara. Foto: @ciara / instagram

Charli XCX het ‘n wit broekpak aangehad, maar dit het eerder gelyk asof sy uit die fliek Dumb & Dumber ontsnap het.

Charlie XCX. Foto: @charli_xcx/instagram

Charlie XCX. Foto: @charli_xcx/instagram

Jenny Lewis is nog een wie se broekpak net nie gewerk het nie. Daar het net te veel gebeur in een uitrusting.

Jenny Lewis. Foto: @jessicaradloff14/instagram

Jenny Lewis. Foto: @jessicaradloff14/instagram

Dalk was die probleem dat hierdie bekendes deurmekaar geraak het met hul uitrustings vir die verhoog en dié vir die rooi tapyt.

Wat dink jy van die bekendes se keuses?