SAARTJIE-modeblog

Die pantoffelskoen is gróót in 2016

SAARTJIE love

Het jy al gehoor van die mule-skoen? Moet dit nie verwar met die donkie-perd-kruising nie!

Mule” is Frans vir pantoffel. As jy dink dit lyk bekend, is jy reg. In die negentigs het almal dié skoene gedra. Maar vandag is daar verskillende style beskikbaar: die hak kan dik of dun wees, of soos met die slipper mule geen hak. Jy kan jou pedikuur wys, of jou tone wegsteek. En die beste van alles is dat jy dit by byna enige uitrusting kan dra – ook werk toe!

Chanel het hierdie skoen gebruik in hul nuutste modeskou “Paris in Rome 2015/16”.

#ParisInRome #ChanelMetiersdArt

A photo posted by CHANEL (@chanelofficial) on

  Jessica Alba dra dit saam met ʼn wye enkellengte-romp.

#shoegame at photo shoot today @edun A photo posted by Jessica Alba (@jessicaalba) on

Victoria Beckham gebruik die skoene in haar nuutste modereeks vir Herfs 2016.

#VVBPreAW16 x vb

A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Sangeres Florence Welch van Florence + the Machine dra dit so!

 

Ek verkies die plat mule omdat ek gewoonlik heeldag op my voete is. Dit is gemaklik om te dra en dit pas by die meeste van my uitrustings. Dit lyk klassiek en kikker ‘n uitrusting vinnig op!

Hier is ʼn paar soorte mules. Kies een wat die beste by jóú styl pas.

Watter mule gaan jy vanjaar vir jouself koop?

Wit mule met hakke

Wit mule met hakke , >,TRUFFLE, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Swart mule met hoë hakke

Swart mule met hoë hakke , >,FOOTWORK, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Sebrastreep-mule met hakke

Jade-styl mule met hakke

Jade-styl mule met hakke , >,WITCHERY, Woolworths

Mule met hoë hakke

Mule met hoë hakke , >,WOOLWORTHS