Insider-jean/Saartjie/612016
SAARTJIE-modeblog

Is die ‘step fray jeans’ die volgende gróót trend?

Saartjie het ’n nuwe trend ontdek! Dis die “step fray jeans”, wat glo gróót gaan wees in 2016.

SAARTJIE love

Die step fray jeans is (nog!) nie baie gewild nie, maar aktrises soos Emma Roberts het dit reeds begin dra.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die snit sit soos alle uitklok- of bootleg-jeans in jou middel of om jou heupe. Die enigste verskil tussen die step fray jeans en ’n gewone denimbroek is die soom. Die uitgerafelde soom se voorkant is aansienlik korter as die agterkant.

Die step fray jeans se pype kan ook korter as dié van gewone jeans wees, dan noem die modekenners dit crop step fray jeans.

Frayed Edges | @chrisellelim in The Insider Crop Step Fray in Not Rough Enough

A photo posted by MOTHER (@motherdenim) on

En die lekkerte hiervan is dat jy dit sommer self kan maak met enige van jou ou uitklok- of bootleg-jeans. Ek dink dis iets wat enige modebewuste vrou dalk moet oorweeg – skaf dit aan of maak dit sommer self.

Saartjie voorspel dat dié trend gróót gaan wees in 2016!

Gaan krap ou jeans uit jou kas en maak solank gereed vir ’n Saartjie-DIY wat binnekort gaan verskyn!