Katy Perry/Saartjie/14/12/2015
SAARTJIE-modeblog

Katy Perry en H&M vier saam Kersfees

Katy Perry, een van die gewidste sangeresse ter wêreld, is die gesig van H&M se Kerfees-veldtog.

SAARTJIE-hastag

Sy het onlangs ‘n Kerslied, “Every Day is a Holiday”, opgeneem en dit is aangepas vir H&M se Kersveldtog in die Noordelike Halfrond.

“It’s every artist’s dream to have their own Christmas song, and starring in the H&M campaign gave me the perfect opportunity. ‘Every Day is a Holiday’ is big, bold, epic and unashamedly fun, just like Christmas should be,” sê Katy Perry.

Die samewerking tussen H&M en Katy is ‘n wenkombinasie! Dis soveel pret en sit jou sommer onmiddelik in ‘n feestelike luim. In die Kersfees-video dra Katy verskillende kostuums, van ‘n feetjie-tabberd tot ‘n soldaat-uniform.

Jy verstaan 100% dat H&M haar gekies het vir hul veldtog, sy was darem vanjaar heel bo-aan Forbes se lys as die vroulike sanger met die hoogste verdienste van $125 miljoen (ongeveer R20 biljoen). Haar Primastic-wêreldtoer, waar sy 126 keer opgetree het, het die meeste van die geld ingebring. Sy het duidelik sterstatus, wat verseker dat handelsmerke hul naam met haar geassosieer wil hê.

Taylor Swift is kort op Katy Perry se hakke met ‘n inkomste van $80 miljoen vir 2015. Al het Katy net 50 miljoen Instagram-volgelinge teenoor Taylor se byna 60 miljoen, het sy steeds vir Taylor ore aangesit met haar hoër verdienste.

My persoonlike gunsteling is die Elfie Selfie-trui (heel onder) met die prentjie van ‘n dwergie se onderlyf.

 

Ongelukkig sal H&M se Kersfees-reeks net in die Noordelike Halfrond beskikbaar wees.