Kendall Jenner in New York
FOTO: Instagram (@kendalljenner)

Kendall Jenner in New York FOTO: Instagram (@kendalljenner)

SAARTJIE-modeblog

Kendall Jenner bekoor New York met haar straatstyl

Nie net ‘n modegunsteling nie, maar ook die paparazzi se gunsteling. Kendall Jenner se ongelooflike straatstyl is gereeld op die lysies van bes gekledes. Tydens haar onlangse New York-besoek was die kameras weer baie lief vir haar.
SAARTJIE loveVolgens The Richest kry Kendall Jenner die vyfde meeste Google-soektogte (2 740 000 searches per maand) onder bekende vroue. En dit is geen wonder die paparazzi is so lief vir haar nie. Hier is ‘n paar van my gunstelinge onder die Kendall-looks.

Kendall Jenner tydens New York Modeweek

Ek’s gaande oor die laidback T-shirt en noupassende romp by ‘n paar blinkerhakke. Definitief ‘n look wat ek self gaan probeer.

 

Ek’s mal oor Kendall se insteekskoene. Die hoëmiddellyf-broek is definitief nie vir almal nie, maar sy laat die trend werk met haar lang, lenige bene.

 

LEES: Kendall is die gesig van die nuwe parfuum Modern Muse Le Rouge én spog met haar eie lipstiffie!

Kendall is veral lief vir die gróót kaalskouer-trend.

Wat dink jy van Kendall se styl?