Kendall Jenner op die loopplank by Michael Kors se lente somer 2016 vertoning tydens New York Modeweek FOTO: JP Yim / Stringer / Getty Images / Gallo Images

Kendall Jenner op die loopplank by Michael Kors se lente somer 2016 vertoning tydens New York Modeweek FOTO: JP Yim / Stringer / Getty Images / Gallo Images

SAARTJIE-modeblog

Kendall Jenner tydens New York Modeweek

Van realiteitster tot ontwerpers se gunsteling. Dit was pas New York Modeweek en ontwerpers het bekoor met hul ontwerpe vir Lente/Somer 2016. Kim Kardashian se jonger sussie, Kendall Jenner, is duidelik ‘n nuwe gunsteling onder ontwerpers.

SAARTJIE love

Vandat Kendall Jenner besluit het om model te word gaan haar loopbaan net van krag tot krag.

Sy het in 2015 Forbes se lys van topbetaalde modelle behaal as ‘n nuweling met ‘n verdienste van $4 miljoen (ongeveer R53 miljoen) voor belasting. Sy is 16de op die lys en is net so ‘n kort koppie agter SA se topmodel Candice Swanepoel.

Sy is ook die gesig van die nuwe parfuum Modern Muse Le Rouge én spog met haar eie lipstiffie!

Tydens die onlangse New York Modeweek het sy vir die volgende ontwerpers op die loopplank verskyn: Marc Jacobs, Michael Kors, Diane von Furstenberg en Givenchy. Met Parys, Milaan en Londen se modeweke wat voorlê, kan ons net wonder watter ontwerpers haar gaan kies om hul ontwerpe te dra.

Marc Jacobs

Michael Kors

Diane von Furstenberg