FOTO: Instagram @kimkardashian

FOTO: Instagram @kimkardashian

SAARTJIE-modeblog

Kim Kardashian verander oornag

Tydens Kim Kardashian se onlangse besoek aan New York vir die Modeweek het Saartje opgelet dat die celeb al weer ’n bietjie anders lyk …

SAARTJIE-hastag

Kim Kardashian is wéér blond!

Dis vir my skokkend om te sien hoe die bekendes oornag hul voorkoms verander. Dit is asof dié mense ’n obsessie met hul voorkoms het en altyd net mooier en beter as die ander een wil lyk. Onder die Jenner- en Kardashian-gesin is daar definitief ’n voorkoms- of gewildheidskompetisie!

As jy na die gesinsfoto hieronder kyk, lyk dit asof daar dalk ’n bietjie van ’n bakleiery onder mekaar was oor wie wat dra. Veral Kendall, Kim en Kourtney lyk asof die kat hul kos afgevat het.


Die groot vraag is: watter haarkleur verkies Kim se aanhangers?

Ek dink wel Kim se man, Kanye West, het haar dalk aangesê om blond te gaan vir die groot debuut van Yeezy Season 3! Kim staan soos ’n seer puisie uit by die geleentheid!

My persoonlike opinie is dat ek haar donker hare verkies, want die platinum-blond lyk letterlik soos ’n pruik wat enige oomblik kan afval. Dit lyk selfs of soos ’n grasdak!

Ons hoop Kim se hare hou en sy hoef nie als af te skeer soos Britney Spears dit jare gelede gedoen het nie …