VIDEOGREEP: Vimeo

VIDEOGREEP: Vimeo

SAARTJIE-modeblog

Die nuwe selfie-hoed

Saartjie se mond hang weer oop met die nuutste skepping, die selfie-hoed.
SAARTJIE hastag Nee, kyk, ek weet darem nie so mooi nie, en ek is mal oor hoede. Hoede is perfek vir daardie bad hair days.

Maar dié hoed is egter nie ontwerp vir ’n bad hair day nie, dit is ontwerp om die perfekte selfie vanuit enige hoek te neem. Die 20-jarige ontwerper Christian Cowan-Sanluis het tydens die Londense Modeweek met die bekendstelling van sy somer 2015-reeks met die tegnologie-handelsmerk Acer saamgespan vir dié nuwe gunsteling in Barbie se kas, die glinsterende pienk breërandhoed.

Christian wat vir bekendes soos Lady Gaga en Rita Ora ontwerp, sê oor sy nuwe ontwerp: “A lot of people taking selfies struggle to find the full potential of their front-facing camera when they use their hand. The hat helps to perfect the shot, either if it’s a cute, sexy or silly selfie.”

Kyk na ’n video van hoe dié hoed “werk”, hier

ACER x CHRISTIAN COWAN-SANLUIS “SELFIE HAT” from Christian Cowan-Sanluis on Vimeo.

Is jy beïndruk deur dié nuwe hoed of is jou afgryse net so groot soos myne?

Bron: Hello!