Lady Gaga by die Super Bowel. Foto: @ladygaga_instagram

Lady Gaga by die Super Bowel. Foto: @ladygaga_instagram

SAARTJIE-modeblog

Lady Gaga of Jennifer Aniston: Wie dra die broekpak die beste

Lady Gaga bly nou maar ’n mens bekoor en by die onlangse Super Bowl des te meer toe sy die Amerikaanse volkslied gesing het.

SAARTJIE hastag

En wat dit nóg meer spesiaal gemaak het, is die patriotisme in haar uitrusting. Gucci het haar aangetrek in ’n rooi broekpak van blinkerstof met skoene wat met die Amerikaanse vlag versier is. Sy het selfs met haar oogskadu die rooi van haar broekpak herhaal.

Só lyk Lady Gaga se skoene wat sy saam met die broekpak gedra het.

Red White and Sparkly Blue. Thank you Alessandro for my beautiful custom outfit tonight! #gucci

A photo posted by Lady Gaga (@ladygaga) on

Sy is egter nie die enigste bekende wat dit al in ’n rooi broekpak gewaag het nie. Ons gunsteling-girl-next-door Jennifer Aniston het die rooi broekpak super sexy laat lyk by die Critics’ Choice-toekennings in 2015.

Kendall Jenner lyk ook ongelooflik in ’n rooi broekpak op die Estée Lauder-advertensie van hul Modern Muse Le Rouge-parfuum.

Kendall Jenner

Maar wat is hul geheim om nie soos Kersvader te lyk nie?
* ’n Noupassende baadjie
* ’n Skoon V-neklyn. Hoe dieper die V, hoe sexier
* En killer heels

Só het ’n rooi broekpak op SARIE se mode-blaaie in November 2015 gelyk.

Foto: Justin Badenhorst van Supernova. Model: Madaleen van Boss Models.    Grimering: Algria Ferreira. Hare: Shahnaz Cola Wrensch

Foto: Justin Badenhorst van Supernova. Model: Madaleen van Boss Models. Grimering: Algria Ferreira. Hare: Shahnaz Cola Wrensch

Wie lyk vir jóú die beste in ’n rooi broekpak?