Louis Vuitton/Saartjie/4/1/2016
SAARTJIE-modeblog

Leer iets nuuts oor Louis Vuitton

Louis Vuitton is vandag een van die gewildste modehuise wêreldwyd, maar het jy die volgende geweet?

#1 Louis Vuitton Malletier het in 1837, op die ouderdom van sestien, sy beroep begin deur kiste te maak.

#2 Die modehuis Louis Vuitton is in 1854 in Parys gestig.  

 #3 Louis se seun, Georges, het die diefbestande tuimelaarslot (tumbler lock) ontwerp.

#4 Louis en Georges het Houdini uitgedaag om te ontsnap uit ‘n kis met hul tuimelaarslot, maar Houdini het geweier om dit te doen.  

#5 Die kenmerkende Louis Vuitton-monogrampatroon is in 1896 ontwerp. Dit was hul manier om namaaksels te keer.

First look of the details from the new #LouisVuitton Collection presented at today’s Fashion Show. #LVlive #PFW A photo posted by Louis Vuitton Official (@louisvuitton) on

#6 Louis Vuitton het in 1914 die grootste winkel wat bagasie verkoop in Parys oopgemaak.

#7 Louis Vuitton-items word vandag nog met die hand gemaak.

A Tale of Craftsmanship at the #LVSeries3 @nicolasghesquiere Exhibition in #London. Book your free ticket now on louisvuitton.com A photo posted by Louis Vuitton Official (@louisvuitton) on

#8 Bekendes soos Angelina Jolie, Madonna en David Bowie was al ambassadeurs vir die Louis Vuitton-handelsmerk. Die grootste verassing was toe Michail Gorbatsjof,  voormalige president van USSR, gebruik is.

#9 Volgens Forbes is Louis Vuitton onder die top-vyftien handelsname ter wêreld en het dit ‘n totale waarde van $28,1 biljoen.

#10 Sedert 2013 is die handelsmerk 19 keer genoem in Kanye West se liedjies.

 #11 Marc Jacobs was vir 16 jaar Louis Vuitton se kreatiewe direkteur (1997 – 2013)

#12 Nicolas Ghesquière is vanaf 2013 die hoofontwerper van Louis Vuitton.  

#13 Louis Vuitton het ‘n tas ontwerp waarin die trofee van 2015 se FIFA- Wêreldbeker vervoer kan word.

 

@GiseleOfficial awaits to present the FIFA #WorldCup trophy housed in the specially designed #LouisVuitton case.

 

A photo posted by Louis Vuitton Official (@louisvuitton) on

 

Ek hoop die bogenoemde inligting het vir jou iets nuuts geleer van Louis Vuitton