SAARTJIE-modeblog

Australiese bykomstigheid-handelsmerk bemagtig vroue

Die Australiese bykomstigheid-handelsmerk Mimco se ongelooflike ontwerpe kom al die pad uit Afrika.

SAARTJIE love

Ek het twee jaar gelede die geleentheid gehad om vir Cathryn Wills, kreatiewe direkteur van Mimco, te ontmoet. En wat ‘n inspirerende vrou! Haar passie is aansteeklik en haar kreatiewe denke ongelooflik. Daarom is ek gaande oor die nuwe projek van Mimco.

A photo posted by MIMCO (@_mimco) on

Volgens statistieke van die “Ethical Fashion Initiative” (EFI) is net 29% van die werkmag in Kenia vroue. Dié land se vroue is meer geneig om tuis te bly en na die huishouding om te sien. 40% van vroue in Kenia is huisvroue en gesinne leef in armoede omdat daar nie genoeg inkomste gegenereer word nie.

Mimco het in samewerking met die EFI ‘n veldtog begin om hierdie vroue te bemagtig deur vir hulle werk te skep. Volgens die bestuurder en kreatiewe direkteur van Mimco, Cathryn Wills, is dit nie ‘n liefdadigheidsprojek nie, maar eerder ‘n geleentheid vir Keniaanse vroue om ‘n inkomste te verdien sodat hulle na hul gesinne kan omsien.

Die EFI is ‘n organisasie wat werkgeleenthede skep vir vroue in minder bevoorregte gemeenskappe en op dié manier armoede verminder.

In Melbourne, Australië, het Mimco ‘n skouersak en ‘n palmsak ontwerp wat die vroue dan as basis gebruik om die sakke te maak. Die sakke is beskikbaar in bruin-en-naaswit Afrika-patrone met krale-en-borduurdetail.

Vaardighede wat in die maak van die sakke gebruik word, sluit in kralewerk, borduurwerk, skermdruk, naaldwerk en die maak van katoentossels. Vroue uit verskillende departemente en verskillende stamme werk aan verskillende dele van die sak. So is Maasai-vroue verantwoordelik vir die krale-handwerk, ‘n uiters tydsame proses. Die kralewerk aan een saak kan tot 3 dae duur.

Volgens Cathryn Wills is die vroue besonder passievol oor die werk en geniet hulle dit. Dié Mimco-items is vir seker ‘n besonderse toevoeging tot jou klerekas.

Kyk gerus die video van die vroue aan die werk:

Koop hier een van dié handsakke:

« »

Palmhandsak

Palmhandsak , MIMCO, Woolworths.

Skouersak

Skouersak , MIMCO, Woolworths.