minions/ saartjie/6/1/2015
SAARTJIE-modeblog

Minions is groot ‘trendsetters’

Die geel mannetjies wat ons harte gesteel het, die Minions, het met hul denim-pakkies en babbeltaal ook die nuutste groep trendsetters geword.

Kyk net na hul impak op die modewêreld:

 

SAARTJIE love

  • Pantone, die kleur-instituut, het verlede jaar ’n Minion Yellow-kleur bekendgestel 

Laurie Pressman, ondervoorsitter van Pantone, het in ’n verklaring gesê: “Daar is ’n begeerte vir helder kleure! En dis veral die geval met geel. Met die Minions se gewildheid is dit geen wonder dat ons ’n kleur na dié karakters genoem het nie.”

    • Die groot skoen-ontwerper Rupert Sanderson het ’n paar Minion-hakskoene ontwerp

Sandra Bullock het hierdie treffende skoene verlede jaar by die première van die Minions-rolprent gedra. Sandra was die stem van Scarlet Overkill in dié fliek. Saartjie het ook gehoor daar was ’n eksklusiewe veiling van tien paar Minion-ontwerpershakskoene!

    • Die ontwerpers Giles Deacon, Piers Atkinson en Tatty Devine het Minions as inspirasie vir hul modereekse gebruik

Só het een van Piers Atkinson se ontwerpe gelyk:

Stuart, Kevin & Bob! Available online: www.piersatkinson.com #piersatkinson #minions #belloyellow #online #yellow #monday

A photo posted by Piers Atkinson (@piersatkinson) on

Vinnige feite oor Minions:

  • In Despicable Me is die Minions se tande skeef, maar in Despicable Me 2 is hul tande reguit.
  • Daar is net 5 verskillende Minion-haarstyle vir al die karakters.
  • Die inspirasie vir die Minion-karakters kom van die Star Wars-karakters Jawas en van Willy Wonka and the Chocolate Factory se Oompa Loompas.
  • Minions het net 3 vingers aan elke hand.
  • Minions se taal is ’n mengelmoes van Spaans, Frans, Italiaans en Koreaans.

Saartjie het ook ’n voëltjie hoor fluit dat daar ’n Despicable Me 3-fliek op pad is wat in 2017 gaan draai!

Bronne : BuzzFeed en WWD