Star wars/Saartjie/17/12/2015
SAARTJIE-modeblog

Mode-ikone as Star Wars-karakters

Die fliek Star Wars: The Force Awakens het dié week by teaters begin draai. Wêreldwyd is almal opgewonde oor die nuwe toevoeging tot George Lucas se Star Wars-reeks. Selfs die modewêreld is in ekstase.
SAARTJIE hastag

Sedert George Lucas die wêreld in 1977 aan Star Wars bekend gestel het, het dié fliek-franchise een van die grootste fan-basisse opgebou. Toe ek gisteroggend op Instagram & Twitter die mode-posters oor Star Wars sien, het ek dit so geniet dat ek dit eenvoudig net met julle móét deel. Van ons gunsteling- mode-ikone en popsterre stel die karakters van Star Wars voor.

Major! x vb #starwars

A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Karl Lagerfeld (kreatiewe direkteur en hoofontwerper van die modehuis Chanel) en sy kat Choupette is Karl Trooper & Snowpette. Star Wars se stormtroopers is bekend vir hul wit-en-swart kostuums en Karl Lagerfeld dra altyd wit-en-swart.

 

Karl is number 1 for the first issue of @numerohommegermany! A photo posted by Karl (@karllagerfeld) on

Victoria Beckham is Victoria Darth. Victoria is lief vir swart uitrustings en Star Wars se grootste booswig, Darth Vader, dra swart in al die Star Wars-episodes.

Love this!! x vb #starwars

A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

#fashionsaveslives! Im donating Harper’s clothes to @savechildrenuk Visit @MarysLGShop_NW1 today & shop to support x vb A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Anna Wintour, Amerikaanse Vogue se hoofredakteur, is Yoda Wintour. Die karakter Yoda is bekend vir sy wysheid en dié kenmerk is lekker van toepassing op Anna se mode-wysheid.

R-2-Gaultier is geïnspireer deur die bekende Jean Paul Gaultier-mansparfuum. Vandaar die vloothoed en die blou-en-wit strepe vir die “nuwe” R2-D2. Het jy geweet: Die karakter R2-D2 verskyn in al die Star Wars-rolprente?

gaultier/stylight

 

Jean Paul Gaultier mansparfuum

Jean Paul Gaultier mansparfuum

Khanye West is Khanye Maul. Warrior Darth Maul, nog ‘n bekende booswig van Star Wars, het ook ‘n sterk persoonlikheid, nes Khanye. Albei maak maklik vreemde uitlatings of neem verhoë oor om ‘n punt te stel. kanye/stylight

Gatsby ❤️ A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

 

Cara Delevingne is Carabacca. Cara is bekend vir haar “take me as I am”-houding en gee nie om om haar self uit te druk nie, al is dit met ‘n gesigtrek, daarom is sy die gepaste keuse vir die karakter Chewbacca. 

cara/stylight

 

Jy kan nou die nuwe Star Wars: The Force Awakens by teaters gaan kyk.