Cara Delevingne/ Instagram
SAARTJIE-modeblog

28 mode-oomblikke wat jou dag opkikker

Ons almal het daardie mode-oomblikke wat jou dag dadelik beter (of slegter) kan maak! Huffington Post het hul lys van emosioneel-belaaide mode-oomblikke opgestel, en ons kon so goed daarmee identifiseer dat die SARIE-span sommer ook ons eie lys opgestel het. 

SAARTJIE love

#1 Om ’n ou gunsteling agter in jou kas uit te grawe en almal gee jou komplimente.

via GIPHY

#2 Daardie uitrusting met die perfekte kombinasie van kleure wat jou gemoed weerspieël.

#3 As jy wakker word en net wéét wat om te aan te trek. 

via GIPHY

#4 Mooi, oulike en gemaklike skoene!

#5 Die eerste sonnige dag ná ’n lang winter en daai vrolike somerrokkies wag vir jou.

#6 Wanneer daai onbekostigbare rok, wat jy die hele seisoen al begeer, op afslag gaan EN dis in jou nommer!

via GIPHY

 #7 Om die mooiste onderbaadjie by ’n tweedehandswinkel te ontdek en dan hope komplimente daarvoor te kry.

 #8 Die vinnige haarstyl wat jou soos ’n wenner laat lyk

via GIPHY

 #9 Om aanlyn klere te koop en alles pas soos ’n handskoen.

 #10 As jy die perfekte manikuur en lipstiffie vind wat jou uitrusting gaan ophelder. 

via GIPHY

 #11 Wanneer die eerste uitrusting wat jy aantrek jou soos ’n glansster laat lyk.

 #12 Wanneer jy by die werk kom en jou hare lyk nog perfek!

 #13 As jy by die betaalpunt kom en uitvind die item wat jy koop is eintlik nóg goedkoper.

via GIPHY

 #14 As jy met ’n nuwe kombinasie waag en dit word jou gunsteling-uitrusting.

via GIPHY

 #15 As alles in jou nuwe handsak pas.

 #16 As ’n ou kledingstuk jou steeds pas. 

via GIPHY

 #17 As jy ’n ligte top aantrek sonder om grimering daarop te kry!

 #18 As jy gemaklike hakskoene kry.

via GIPHY

 #19 As jy koffie op jou mors en die vlek spoedig uitkry.

via GIPHY

 #20 As jy nie die sokkie se maat hoef te soek nie.

via GIPHY

#21 Wanneer jy iets in jou kas ontdek wat nog die etiket aan het.

#22 As jou hakskoene toevallig by die kleur van jou naels pas .

#23 ’n Ou kledingstuk wat jou nou beter pas as toe jy dit 4 jaar gelede gekoop het.

#24 ’n Vinnige uitrusting wat hope komplimente kry.

via GIPHY

#25 As jou ou winterjasse weer in die mode kom. 

#26 Om ná die vakansie weer rompe te dra, want jou bene is lekker bruin.

via GIPHY

 #27 ’n Koue wintersdag en jou snoesige trui.

via GIPHY

#28 Die feit dat skinny jeans nie meer hoogmode is nie! 

via GIPHY

Wat is jou gunsteling mode-oomblik? Laai jou oomblik op Twitter of Instagram en gebruik #SARIEmodeoomblik