H&M en Balmain se nuwe reeks
SAARTJIE-modeblog

Modehuis Balmain ontwerp ‘n eksklusiewe reeks vir H&M – en jy kan dit in SA koop!

Saartjie is opgewonde om die nuus met ons mode-liefhebbers te deel: Die Franse modehuis Balmain het vir die internasionale kettingwinkel H&M ‘n nuwe reeks ontwerp EN jy sal dit in SA kan koop, want die gewilde klerewinkel maak later vanjaar hier oop!

SAARTJIE hastag

Elke jaar kies H&M ‘n groot ontwerper om vir hulle ‘n reeks te ontwerp. Voorheen was dit name soos Karl Lagerfeld, Stella McCartney, Lanvin, Sonia Rykiel en Versace.

Dié jaar maak ons onsself gereed vir Balmaination, soos in die die hashtag #HMBALMAINATION wat Maandagaand (18 Mei) die sosiale netwerke oorgeneem het. Dit was nadat Kendall Jenner en Jourdan Dunn saam met Olivier Rousteing (kreatiewe direkteur van Balmain) op die rooi tapyt by die Billboard-musiektoekennings verskyn het in klere uit die reeks.

Die Jenner-sussies, Kendall en Kylie, het ook saam op die verhoog verskyn in Balmain. Kendall in Balmain for H&M, en Kylie in ‘n ontwerp uit Balmain se Herfs 2013-reeks.

Balmain is duidelik gewild onder bekendes, want Taylor Swift het ook dié aand Balmain gedra, van hul Lente/Somer 2015-reeks

Chrissy Teigen (model en vrou van sanger John Legend) het ook sensasioneel gelyk in Balmain se 2015 Resort-reeks.

 

#ChrissyTeigen wears a #Balmain Resort 2015 look to take the #BBMAs stage in Las Vegas #BalmainArmy

 

A photo posted by BALMAIN (@balmainparis) on


Die voorsmakie maak ons kinderlik opgewonde, want teen die tyd dat die volle reeks op 5 November 2015 in H&M se winkels beskikbaar is, is dit ook hier in SA! Ja, H&M maak binnekort hul eerste winkel in SA oop. Ons sit en wag in spanning om te hoor wanneer die presiese datum is, maar ons kan met julle deel dat die eerste winkel in Kaapstad sal wees.

Nou kan ons almal deel wees van die Balmain army, soos Olivier Rousteing sy kliënte noem. Dié reeks gaan vir mans en vroue beskikbaar wees.