Taylor Swift en die modelle van haar musiek video "Bad Blood". Foto: www.instagram.com/mtv

Taylor Swift en die modelle van haar musiek video "Bad Blood". Foto: www.instagram.com/mtv

SAARTJIE-modeblog

MTV-toekennings 2015: Die bes geklede vroue

Hierdie is nié die Oscars nie, so stylvol was die MTV Video Music Awards nou nie rêrig nie. Met Miley Cyrus voor in die koor het dit meer gegaan oor wie die minste aan die verbeelding oorlaat.
SAARTJIE loveDaarom was dit glad nie ‘n maklike taak om die bes geklede vroue by dié geleentheid uit te wys nie. Die volgende paar uitrustings was darem vir my aanvaarbaar tussen al die naaktheid.

Vanessa Hudgens so boheemse voorkoms was vir my ‘n ligpunt. Sy weet nou maar eenmaal hoe om die moderne boho-voorkoms reg te kry. Selfs haar juwele was stunning.

A photo posted by MTV (@mtv) on

 

Taylor Swift (wenner van video van die jaar met die liedjie “Bad Blood”) en al die dames wat in die video verskyn het, het almal ook ongelooflik gelyk. As ‘n kraai wat aangetrokke is tot blinkgoed, is ek veral mal oor Taylor se broek.

 

Die sanger John Legend se vrou, model Chrissy Teigen, se Marchesa-rok met sy hoë halslyn is goed gebalanseer met die deursigtige panele. Wat dit vir my nog steeds stylvol gemaak het.

 

Kylie Jenner het haar ouer suster Kim Kardashian by verre gewen met haar uitrusting vir die VMA’s. Alhoewel al twee uitrustings van Balmain gedra het, het Kylie darem gelyk asof sy by ‘n rooitapyt-geleentheid is.

 

Wat dink jy van dié voorkomste? Stem jy saam?