Kim Karashian neem 'n selfie. Foto: Instagram @kimkardashian

Kim Karashian neem 'n selfie. Foto: Instagram @kimkardashian

SAARTJIE-modeblog

Neem só die perfekte selfie

Die vakansie kom al hoe nader en dit is die tyd van foto’s neem. Of dit nou ‘n selfie, ‘n onsie of jou heerlike etes is, maak nie saak nie – ons almal wil hê ons foto’s moet fantasties lyk.

SAARTJIE hastag

Danksy Instagram met sy heerlike filters kan jy in ‘n japtrap jou foto’s mooi laat lyk. Maar wat doen jy as jy sit met ‘n onooglike puisie of iets? Die filters vat dit nou maar net nie weg nie. Ek meen, party filters laat dit selfs erger lyk!

Maar moenie worry nie, dames; jy kan dit in ‘n japtrap fix. Nou kan jy net so fantasties lyk soos die selfie-queen Kim Kardashian.

#FBF kisses from St. Barth’s

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Ons het op die gewilde YouTube die volgende video gevind van ‘n Amerikaanse leefstyl-blogger, Marianna Hewitt. Sy wys hier al die verskillende apps wat sy gebruik vir die perfekte foto op haar blog Life With ME & Instagram. So hier is die lysie apps wat jy op jou foon moet hê vir daardie perfekte vakansiefoto’s: Facetune, VSCO, Faded, PicFrame & Snapseed. Ongelukkig moet jy vir van die apps betaal, maar dit is darem nie te duur nie – minder as R20 per app. Dié beeldskone bekendes is ook baie gewild vir hul selfies:

I didn’t know ‘kangaroo selfies’ were a thing. But they are and this is one. A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

A photo posted by King Kylie (@kyliejenner) on

moms my biggest fan ❤️

A photo posted by Kendall Jenner (@kendalljenner) on