SAARTJIE-modeblog

New York – die groot bekendstelling van H&M se Balmain-reeks

Elke jaar kies H&M ‘n ontwerper wat dan eksklusief ‘n reeks vir dié klerewinkel ontwerp. Vanjaar is dit die Paryse modehuis Balmain. Die nuwe reeks, wat in samewerking met die winkelgroep se kreatiewe direkteur, Olivier Rousteing, geskep is, is in New York bekend gestel.
SAARTJIE hastagEk moet erken dat die groenoog-monster heerlik hier by my oorgeneem het nadat ek dié show aanlyn moes kyk. Ja, dit sou ook by jou oorgeneem het as jy ‘n handjievol mense geken het wat so gelukkig was om dit wel by te woon.

Nie net was die geleentheid ‘n ontploffing van ongelooflike ontwerp nie; dit het geleef en beef van bekendes. Kyk net wie het dit almal bygewoon – en ek praat nie eens van al die bekende modelle op die loopplank nie!

Die A-lys-gaste:

Die vertoning is afgesluit met ‘n optrede deur die groot boy band van die 90’s – Backstreet Boys. Gaste het lekker lyf geskud op hul gewilde “Everybody” en ander van hul vroeë treffers.

Backstreet Boys verras die gaste met 'n optrede by die Balmain x H&M in New York. Foto: Matteo Prandoni/BFA.com vir H&M

Backstreet Boys verras die gaste met ‘n optrede by die Balmain x H&M in New York. Foto: Matteo Prandoni/BFA.com vir H&M

Is jy reg vir die #Balmanation, want hier is net ‘n voorsmakie…

Ek's gaande oor dié broek

Foto: Joe Schildorn/BFA.com vir H&M

Die moulose baadjie is ook op my wenslys

Foto: Joe Schildorn/BFA.com vir H&M

Die kraai in my kon maar net nie haar oë van dié top af hou nie.

Foto: Joe Schildorn/BFA.com vir H&M

En as ek die lyf gehad het vir dié noupassende rok, was hy ook in my kas.

Foto: Joe Schildorn/BFA.com vir H&M