FOTO: Instagram  rolenestrauss

FOTO: Instagram rolenestrauss

SAARTJIE-modeblog

Ons kies 7 trourokke vir Rolene Strauss

Die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss en haar verloofde, D’Niel Strauss, trou môre, 6 Februarie, op Somerset-Wes in die Wes-Kaap.

Ons kan nie wag om te sien hoe die beeldskone Rolene op haar troudag gaan lyk nie!

Ons mode-blogger Saartjie kies vir Rolene sewe trourokke wat haar styl sal pas.

1 Noupassend met kralewerk

Rolene het al voorheen hierdie styl gekies en pragtig gelyk

2 Afskouer-rok met bostuk van kant

3 Noupassende rok met insetsels langs die kante

Rolene het ook al voorheen so tipe rok gedra – dit is baie modieus én ’n groot trend.

4 V-nektrourok met ’n oop rug

5 Kant-trourok

Hierdie styl is klassiek en baie gewild onder bruide.

6 Dalk ’n mou?

Hierdie boheemse-styl trourok is pragtig, maar dalk te warm vir ’n Februarie-troue?

7 Die groot trend is ’n gekleurde trourok

Ek dink die amandelkleurige meermin-styl trourok is perfek!

Saartjie is baie nuuskierig om te sien wat Rolene vir haar groot dag gaan kies. Ons weet vir seker dat Rolene net beeldskoon gaan lyk!

Lees nou