Jennifer Lopez by verlede jaar se Oscars 
FOTO: Instagram @theacademy

Jennifer Lopez by verlede jaar se Oscars
FOTO: Instagram @theacademy

SAARTJIE-modeblog

Oscar-toekennings: Die bes geklede vroue

Ná die teleurstellende BAFTA-toekennings is Saartjie baie opgewonde oor al die ongelooflike mooi rokke by die Oscars.
SAARTJIE loveSoos altyd was die Oscars ’n baie stylvolle geleentheid. Hier is my top-10 keuse van die mooiste rooitapytrokke.

Ons skop af met Reese Witherspoon. Die klassieke off-the-shoulder-rok het haar soos ’n handskoen gepas en ek is gaande oor die swart en wit kombinasie.

Reese Witherspoon  by die Oscars. Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Reese Witherspoon by die Oscars FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Jennifer Aniston se nude-kleurige rok is ’n vars verandering van die swart nommertjie wat sy gewoonlik dra. Mens kan haar net nie miskyk nie!

Jennifer Aniston en David Oyelowo oorhandig 'N beeldjie Foto: Mark Suban / ©A.M.P.A.S.

Jennifer Aniston en David Oyelowo oorhandig ‘n beeldjie FOTO: Mark Suban / ©A.M.P.A.S.

Nie net is Emma Stone ’n jong vrou met baie talent nie, maar sy het ook ongelooflike styl. Sy is een van my gunstelinge en ek hou haar styl fyn dop.

Emma Stone op die rooitapyt by die die Oscars. Foto: Richard Harbaugh / ©A.M.P.A.S.

Emma Stone op die rooi tapyt by die Oscars FOTO: Richard Harbaugh / ©A.M.P.A.S.

Jennifer Lopez het, soos altyd, my asem weggeslaan. Hel, maar sy bly darem maar ’n mooi vrou!

Oeps! Jennifer Lopez dra dieselfde rok as Robert Duvall se vrou- kyk hier!

Michael Yada / ©A.M.P.A.S.

Jennifer Lopez & Chris Pine. Michael Yada / ©A.M.P.A.S.

Dan was ek ook gaande oor Zoe Zaldana se nude-kleurige rok. Die rok is baie vleiend vir dié mamma wat 3 maande gelede ’n tweeling gehad het.

Nóg ’n bekende tweeling gebore: Zoë Saldana s’n

Zoe Saldana. Foto: Matt Pete / ©A.M.P.A.S.

Zoe Saldana. Foto: Matt Pete / ©A.M.P.A.S.

Kyk hier, persoonlik hou ek nie juis baie van geel nie, maar Jennifer Hudson lyk regtig stunning in haar geel rok.

Jennifer Hudson Foto: Richard Harbaugh / ©A.M.P.A.S.

Jennifer Hudson Foto: Richard Harbaugh / ©A.M.P.A.S.

Rosamund Pike se rooi rok het asems weggeslaan. Ek was ook mal oor haar bypassende rooi hakke en haar min juwele sodat die rok die praatwerk doen.

Rosamund Pike. Foto: Matt Petit /©A.M.P.A.S.

Rosamund Pike. Foto: Matt Petit /©A.M.P.A.S.

Daar was nie baie swart op die rooitapyt vanjaar nie, maar Margot Robbie se swart rok met lae hals en langmoue, het baie elegant gelyk.

Margot Robbie Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Margot Robbie Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Ugly Betty se America Ferrera is definitief nie meer ’n lelike eendjie in haar smaraggroen rok nie.

America Ferrera Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

America Ferrera FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

En laastens is ek ook bekoor deur die sangeres Faith Hill se wit-en-metaal-rok.

Faith Hill Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Faith Hill Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Wat dink jy van dié top-10? Stem jy saam met Saartjie of nie?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

SARIE oscarsVanaand, 23 Februarie: Rooi tapyt om 18:00 op E! Entertainment (DStv-kanaal 124) en die seremonie om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101).