Lorelei Linklater Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Lorelei Linklater Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

SAARTJIE-modeblog

Oscar-toekennings: Die swakste geklede vroue

Saartjie se obsessie met die Oscars stop nie by die bes geklede vroue nie … Nee, sy het ook ’n paar gewaar wat teleurstellend en self skokkend was.

SAARTJIE hastagHier is nou die lysie van diegene wat vir hulle óf ’n ander stilis moet aanstel óf ’n vriendin moes raadpleeg voordat sy haar rokkeuse vir die Oscars gemaak het …

Eerste op my lysie is Scarlett Johansson. Sy lyk stunning in die kleur en die rok pas haar perfek, maar o nee – die halssnoer werk glad nie vir my nie! Hier kon sy Rosamund Pike se voorbeeld gevolg het met min bykomstighede sodat die rok eerder die praatwerk doen.

Scarlett Johansson op die rooitapyt Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Scarlett Johansson op die rooi tapyt FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Ek was ook só teleurgesteld met Lupita Nyong’o se rok, veral ná sy verlede jaar so ongelooflik mooi gelyk het en nie een modevoet by enige van die toekennings verkeerd gesit het nie. Ek weet die rok is ’n kunswerk met al sy pêrels, maar die bokant lyk soos iets wat ’n meermin sal dra.

Lupita Nyong'o Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Lupita Nyong’o FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Gewoonlik is ek mal oor Solange Knowles se styl, omdat sy graag met mode eksperimenteer. Dié rooi nommertjie doen egter niks vir my nie.

Solange Knowles Foto: Matt Petit / @A.M.P.A.S.

Solange Knowles FOTO: Matt Petit / @A.M.P.A.S.

Dan is daar Lady Gaga. Ek is regtig nie gaga oor dié rok nie – veral nie die rooi handskoene nie! Ek weet dis haar ‘ding’ om weird en anders te wees, maar nie vir die Oscars nie. Haar grimering en hare was darem mooi gedoen.

Lady Gaga Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Lady Gaga FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Nicole Kidman se rok het glad nie vir my gewerk nie en gewoonlik is ek mal oor haar rooitapyt-voorkoms.

Nicole Kidman Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Nicole Kidman FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Laura Dern het gelyk asof sy in ’n moderne Joan of Arc-film gaan speel.

Laura Dern Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Laura Dern FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Ai, ai, ai. Dít is my reaksie op Lorelei Linklater (van Boyhood-faam) se rok. Daar gaan te veel aan met hierdie één rok. Hierdie is nou die perfekte voorbeeld van wat om nié vir jou  matriekafskeid te doen nié.

Lorelei Linklater Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Lorelei Linklater FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Wat dink jy van dié lys? Stem jy saam met Saartjie of nie?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

SARIE oscarsVanaand, 23 Februarie: Rooi tapyt om 18:00 op E! Entertainment (DStv-kanaal 124) en die seremonie om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101).

  • Alet Fell

    Ek stem saam alhoewel ek van Lupita Nyong’o en Laura Dern se rokke gehou het. En wat gaan aan met Scarlett Johansson se hare?